Sirkelspore (Goud)
kniediep in die ka(l)k
van brokkelende gesag
staan die ANC
net-net nie
op horrelpote
wat vlak sirkelspore trap
óm die donker gat
wat hulself gegrawe het
met nieherwinbare mag
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek