Jongste aktiwiteit:

Skiereiland

Skiereiland

Los my in die vreemde en ek rig
doelgerig en instinkmatig
nes die swaeltjie
direk na sy nessie
my koers suidwaarts
en huiswaarts—
Los my iewers in die land
en nes die posduif land
ek koersvas in my hok—
Waar ek ookal gaan lok
huis en haard altyd
suidwaarts na die Boland verby
tot in die hartland
van die Kaap se Skiereiland—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed