Jongste aktiwiteit:

Briefie vir jou (1) …

die oggend het gekom
sonder ‘n blink sonstraal
en dis op sulke dae
dat verlange my inhaal
dis die kere wat ek jou
so graag by my wil hê
sodat ek met jou kan praat
sonder om ‘n woord te sê
dis die kere wat ek
net teen jou bors wil leun
sonder om te verduidelik
net maar op jou kan steun
dis die kere wat ek
net stil by jou wil wees
ek weet jy sou in elk geval
my stil gedagtes kon lees
en terwyl ek netnou
na die branders sit en staar
wens ek net nog ‘n keer
as ek my oë knip, is jy daar
maar oë knip is “magic”
en sprokies is half “fake”
en buitendien wil ek liewer
regtig in jou oë kyk
want hoe skryf ek in woorde
dat jy my alles is
dat ek met elke asemhaling
jou so vreeslik baie mis

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed