Dagdroom Illusies
Alles is onheilspellend stil
my gedagtes lê gemaklik opgekrul
in die holte van jou meestershand
wat lol met my gesonde verstand.
My denke dagdroom idilies
illusies van jou en my op ñ duin
waar ons slegs die see se hyg
en die geklots teen ñ rots
saam die klop van my hart
teen my bors kan hoor.
4 Kommentare
-
borrels
Ek hou baie hiervan.
-
Arnold
Jou hele gedig is goed verwoord.
-
Zymrly
Is alle dagdrome nie idiliese illisies nie? Ek hou van hierdie gedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis 'n heerlik dagdroom, Meermin ☺