
Skimme van gister
gister was my paaie ander rigtings in
vandag wil ek loop tot by die weer begin
waar die son skroei oor vergete treinspore
en genadeloos neerbrand op my wankel spore
hier op my verdwaalde weg
waar ek in die hitte van die son moet veg
teen troebel trane wat afrol teen my wange
en dit oor jou, die hunkering na verlange
as my oë soekend na gister se spore staar
sal ek dalk my stukkende skerwes gewaar
hier lê nog nagte van bitter hel
iewers tussen sandduine het ek my storie vertel
alleen en afgeleë tussen ’n verlate stasie
lê die skimme van gister tussen leë spasies
geen skadu,geen rus, waar sonbesies lag
dwalend tussen vrees,wag ek vir die nag
en wanneer nagwinde huil oor eind’lose sand
val my trane saggies in my hand
al lê my geraamte iewers kaalgestoop
sal ek nie treur soos iemand met geen hoop
(c) Emsa Haasbroek
Foto pinterest
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek