SLANG IN DIE PARADYS HOOSTUK 1 jUNIE PROJEK
1SLANG IN DIE PARADYS HOOFSTUK 1 Junie projek.
DIE ONBEKENDE Lê OM DIE DRAAI
“Dankie tog,” sug Amara Ludick. “Ek’s klaar vir die dag Daar Elmey my maat, dit ouditeure kan nou maar kom. Sy vou die joernaal toe, trek ’n privaat laai van haar lessenaar oop, sit die joernaal en grootboek weg en sluit dit.
“Ek is regtig mal oor die see,” babbdel sy voort en stap die klein kleedkamer-tjie binne. “Nou kan ek die dag se moeg gaan afwas.” Sy kom uit, gemaklik geklee in ’n kortbroek en halflyf bloes.
“Ja, Amara loslappie, jy’s natuurlik weer op pad strand toe, agter jou Griekse god aan, weet jy nou al wie die man met is? Ek hou regtig nie daarvan dat jy so al-leen strand toe gaan nie,” haar maat klink opreg bekommerd”
“Ek’s okei, Kelly kry my daar, sien jou môre hoor, lekker aand.” Amara gooi haar sak oor haar skouer en waai met haar los hand.
Al singend loop Amara kar toe, skuif agter die stuurwiel van haar blou Volla in en sit af na Alkantstrand toe. Daar is die wonderlikste groot rots, haar droomstoel, daar kan sy ure sit en droom tewyl die branders om haar klots. “Ag-nee, dis dan hoog-water, wat nou?” Praat sy met haarself. Die water stoot hoog op tot amper bo-oor die rotse, los dan af en toe net ’n effense strepie witsand oop.
Daar staan hy weer, die gespierde vent met sy oogklap, en kopdoek. Wonder wie is hy? Is hy nie bang is die golwe slaan hom daar af nie?
Sjoe, maar die wind waai woes, ek sal maar ’n ander plan moet maak. Die oogklap visserman kyk vir ’n oomblik op.
“Haai!” Skree Amara bo die wind uit en waai.
“Haai!” Dra die wind sy stem terug.
Sy draai om en kyk na die woud agter haar. Daar is een groot boom wat uit-troon bo al die ander, onder hom is ’n lieflike lappie sagte gras, so asof dit daar ge-plant is. Ideaal, ek sal myself net daar tuismaak en probeer lees, besluit sy.
Wonder waar Kelly is? Sy was veronderstel om my hier te ontmoet vandag. Sy gooi haar groot swemhanddoek oop, en sak behaaglik daarop neer, gaan lȇ op haar rug, haal haar boek uit, druk haar drasak onder haar kop in om te dien as ’n kussing, lȇ die boek oop neer op haar bors, op bladsy 66.
Dis woeste seegeluide wat bo die wind uitstyg. Die bome keer darem die erg-ste wind af en gelukkig is dit nie koud nie.Die gedruis van die branders sus haar aan die slaap, dis hemels. Op die wieke van die wind vaar sy droomland binne…
DIE ONBEKEND VERGETELHEID IN
Die onbekende stem ruk haar wakker:-
“Doodstil meisie, met jou oë toe is ons albei veiliger.” Die stem is in haar ge-sig. Sies die drankasem vlak by haar neus maak haar naar. ’n Stinkdoek vou oor haar oë tot agter haar kop, vang van haar hare in die knoop vas en laat haar kreun van die pyn. Albei haar hande is vasgepen onder ’n paar knieë.
“Ag Henk, is jy gesuip man? Moenie simpel wees nie, my swak hart!” Sy is so deur die slaap…
“Haal die simpel doek af, jy maak my seer!” Vererg sy haar. “Jy’t gesȇ…”
verder kom sy nie.
“Bly stil, gee daai hande hier,” hardhandig word haar twee hande bokant haar kop saamgebind. “Doen net wat ek sȇ en moenie probeer skree nie, verstaan?”
“Wie is jy, wat wil jy hȇ?” Vra sy bang-benoud
“Vir jou, bly jy net stil, nie ’n geluid nie, nee, hande bokant jou kop,” sy stem grof, sy asem walglik.
“Dis te styf, jy maak my seer,” kerm-huil sy.
“Shutup nou! Moenie eers probeer roep nie,” kom sy stem bruusk. “Doen net wat ek sȇ en jy bly lewe anders…”
“Wat wil jy met my maak? Asseblief los my!” Spartel sy.
“As jy maar weet hoe lank ek jou al dophou, begeer,” walm die drankasem in
haar gesig.
“Ag Here, asseblief!” Bid sy hardop.
“Shutup! Wil jy hȇ ek moet jou mond ook toebind?” Sis hy.
“Hier is vissermanne,” probeer sy.
“Dink jy ek is onnosel?” Kekkellag hy.
“Ag Here, is dit jy wat daar op die rotse was?” Vra sy verbaas.
“Wat as dit is, shutup nou! Wil jy seerkry? Snou hy.
“Jy maak my bene seer as jy so op hulle sit, asseblief!” Smeek sy.
“Vir wat maak hulle die verdomde hakies so klein, ek’s bly jy het al meeste klere uit.” Sy growwe vingers raak aan haar lyf soos hy sukkel om die toppie los te kry.
“Nee los!” Smeek sy en skop met haar hakke in die grond toe hy haar short begin afrem.
“Ek trek die verdomde ding nog ordentlik af, wil jy dit rowwer hê?” Smaad hy.
“Jy’s, dronk,” stik Amara. “Nee, wat gee jy my in, dis te soet!” Probeer sy spoeg. “Sies!”…dronk, begin sy sweef…
“Sluk!” Sy growwe hand vou oor haar mond, “dis reg so my poppie, ons twee gaan nou op ’n trip, op onbekende reise.. ”
Veraf hoor sy ’n stem…die see druis in haar kop…soet stroop drup in haar keel af, sy stik…sy sweef…vaar die onbekende in
DIE OOGKLAP VISSERMAN
“Wel, twee lekker eetbare grotes gevang vandag,” gesels Willie met homself. Hy
gryp sy sak en drie visstokke, met lang hale draf hy die duin op, hy’s laat vandag, maar die see is bietjie rof en hy moes net iets vir die pot vang.
Wat makeer die meisiekind om so laat nog hier in die bos te lê? Hy kan hom so vervies vir die meisies wat soms so onverskillig kan wees, nou is dit regtig laat.
“Jy sal moet wakker word jong…” hy laat sy stokke en sak val.
“Wat de donner,” praat hy hard teen die wind in en kyk rond. “Waar’s die wetter?” Buite weste geskok staar hy na die toneel voor hom. Hy vat die handdoek wat oor sy skouer hang en gooi dit oor haar naakde liggaam. Haal die doek van haar oë af, en maak haar hande los.
Here, dis dan die meisiekind vir wie hy elke dag wag, sy het vandag vir die eerste keer gewaai. Sy is sweerlik verkrag!
“Wat op aarde doen ek nou?” Swets hy kliphard. Dankie tog haar pols klop nog, sy lewe.
“Word wakker mens!” Roep hy hard. Sug ’n slag en praat met homself. “Ai, ek kan haar nie so kaal hier laat lê nie, netnou kom die bliksem terug om sy vuilwerk te kom klaarmaak, hy’t haar sweerlik gedrug, ruik net die soet reuk, as ek die donner vang vandag breek ek sy blerrie nek…”
Al swetsend begin hy haar klee, onhandig probeer hy haar slap lyf terug kry in haar klere, sy dik vingers sukkel om die klein hakkies van haar bloes vas te kry. Hy krap in haar sak en kry haar kar sleutels, ’n volksie, dit moet die bloue wees wat altyd hier onder geparkeer staan, hy’t dit ’n paarmaal al by die Stadsraad ook ge-sien. Wonder of werk sy daar? Dink hy hardop.
“Naar!” Kreun Amara.
“Dank die Vader, jy leef…” Ai, alweer uit. “Jy’s darem nou in jou klere. Geluk-kig weet ek hoe jou motor lyk, ek hoop net hy staan nog daar waar jy dit altyd los,” gesels hy met die flou meisie.
“Sjoe! Jy is nogal swaarder as wat jy lyk hoor,” praat hy met die slaplyf
al steunend dra hy die bewustelose liggaam deur die bos. “As iemand my wragtig nou sien! Vader ek hoop nie jy dink dis ek nie, want dit was net ons twee, ek het niemand anders gesien nie.” Gesels hy bekommerd met homself.
”Seerower, skoon seep, skoon…” kreun sy.
“Wat van skoon seep?” Vra hy verbaas. Ag nee, daar verval sy weer in ’n be-swyming.
Nog uit soos ’n kers, sit haar die slapliggaam in haar motor. Hy sal die sleutel in die slot sit en die spaar sleutel afhaal, net vir ingeval. Eers seker maak sy haal nog asem, haar pols is gelukkig sterker, hy sit haar veiligheisgordel aan. Sluit al die deure en bly ’n oomblik besluitloos staan. “Watterkant toe nou?” Wonder hy moede-loos.
“Wat nou!” Wonder hy. Ek’s onbekend aan die meeste mense hier, gelukkig weet ek waar sy bly. Hulle sal net moet kom help! “As sy moet wakker word en my met die oogklap sien, skrik sy haar sowaar dood. Hemel ek kan maklik verdink word!” Benoud vee hy die sweet met punt van sy hemp af, sy bakkie staan gelukkig net ’n entjie verder op geparkeer. Visstokke, vis en gereedskap skoon vergete. “Wat ’n gemors,” swets hy en trek weg dat die wiele in die sagte sand spin. Hy moet hulp kry. Soos ’n besetene jaag hy straat op en stop voor die Horns se huis waar Amara tuis gaan.
“Mevrou Horn! Hy roep hard maar geen antwoord. “Ag hemel nee, moet sy nou van-dag uit wees?” Sê hy en hardloop na die agterste woonplek, daar’s ook iemand.
Terug by die bakkie, kom hy agter die potplant wat hy vir sy niggie vir haar verjaardag gekoop het is nog daar, nee, daar’s nie nou tyd daarvoor nie, Epangeni is vêr besluit hy, haal dit uit en gaan sit dit op die woonstelstoep neer.
“Hoop dit laat haar beter voel,” mompel hy. Hy moet teruggaan en kyk of sy okay is, anders moet hy ’n ambulans bel? “Hemel tog, waarin het ek nou beland? So ’n mooie mens.” Hardop wonder hy, “gaan ek polisie toe, of bel ek die Ambulans?”
Richardsbaai is in die begin fase van ontwikkeling en daar dwaal heelwat on-
gure skepsels rond, almal met ’n hoop om werk te kry by een van die nuwe aan-legte. Hy jaag met Krewelkring af, terug strand toe.
“Dank die Vader, sy‘s nog hier,” sug hy verlig. “Lyk of daar beweging is. Laat ek net ’n paar minute wag en kyk of sy kan ry,” besluit hy raadop. Kan nou nog nie glo waarin hy hom nou bevind nie. Hy skakel sy bakkie af en wag.
SY WORD WAKKER
“Hoe kom ek hier?” Wonder sy onnosel. “Water, ek’s naar, sies dis soet!” Gril sy en pluk aan die veiligheidsgordel om haar lyf.
“Hoekom brand ek so? Hemel ek’s naar!” Huil sy deurmekaar. Amara skuif-regop. “Hoe het ek hier gekom, my klere is vol sand? Hoekom brand ek so? My borste, eina!” Skree sy en vryf sy oor haar liggaam.
“Here nee, ek is verkrag!” Sy vryf oor haar gekneusde lippe. “Eina!” Sy vat aan haar klere, skeef vasgemaak, haar arms is seer, sy huil, skree, slaan op die stuurwiel en val terug in ’n beswyming. Minute gaan verby. Stadig kom sy by, lig haar kop, sy kan niks onthou nie. “Hoe kom ek hier?”
“Hoekom onthou ek niks?” Sy kyk verward om haar rond. Waarheen nou? Bewerig sluit sy die motor aan, trap die petrol, die kar ruk vorentoe en stol. Sy steek haar hande deur haar gekoektehare, rus ’n wyle met haar kop op die stuurwiel. “Nee, nee, miskien is die vent nog hier! Hier moet ek weg!” Sy sluit weer aan, die kar ruk, trek weg, ruk, ruk en snel dan voort, die enjin brul in tweede rat dat jy dit waar kan hoor.
OOGKLAP IS BEKOMERD
“Genade, laat ek liewer agter haar aanry, sy lyk nie lekker nie,” gesels hy met hom-self. “Dis al meer as ’n driekwartuur, laat ek net seker maak sy kom by die huis, minstens heelhuids, want soos sy nou ry? Weet ek wraggies nie.” Swets hy saggies. Ek was die enigste een daar? Wat sal die mense dink? Hy meng juis nie met mense na sy ongeluk nie. Wie gaan hom glo? Bekommerd ry hy agter haar aan.
“Waar die hel jaag sy nou heen, dis mos nie waar sy bly nie,” swets hy. Hy’s sommer lus en toet vir haar, maar in haar toestand smyt sy dalk die kar om. On-seker wat hom te doen staan, ry hy agter haar aan, hou sy afstand. Ek bel sommer vir Peet, sy vriend is in die polisie en aandiens vandag., netnou vang sy iets simpels aan. Ek moet buitendien die spaarsleutel daar gaan inhandig. Ingedate tou hy agter haar aan met nie ’n idee wat om te doen nie.
Sinneloos jaag sy voort. Hier moet ek wegkom! Die plek sien my nooit ooit weer nie, ek’s klaar met die see,” huil sy en jaag voort. Die woeste dreuning van tweede rat ruk haar tot haar sinne. Vader, ek is al halfpad Kwambonambi toe, as tant Dol my in so ’n toestand moet sien, skrik sy haar dood.
Sy maak ’n onverskillige U draai, skuif oor die grond langs die pad, kry weer koers op die teer, trap hard rem toe ’n ander motor haar rakelings mis. Verskrik ry sy stadiger terug Baai toe.
“Blikskottel! Is sy mal, het sy weer uitgepass?” Swets Willie en sien al hoe hy die stukke langs die pad optel. Hy ry agter haar aan maar hou steeds sy afstand. Hulle draai in by die Baai en ry met die sirkel wat Krewelkring vorm, tot by die Horn se plek. Genadiglik haal sy die huis, hy sien hoe sy die hekpaal net-net mis en diep agter die erf onder ’n boom intrek.
Willie stop ’n wyle aan die oorkant van die pad, hou sy kop in sy hande vas. “Dankie tog sy’s by die huis,” sug hy verlig. Laat ek gaan kyk of my visgereedskap nog daar is, daai visse is nou behoorlik dood
AMARA SLUIP TERUG
Amara sluip om tot op die woonstel se stoep. Sy val oor die potplant dat die salofaan so kraak. Ag dit ook nog, hoop nie ek het dit gebreek nie, seker vir Kelly.
Ek is so lief vir U skepping. Nou is die slang ook in my paradys!” Huil sy. “Ek’s vuil, het my maagdelikheid verloor en weet nie eers hoe nie!” Sy krimp inmekaar en kerm soos ‘n klein hondjie. Met alles wat in haar is, probeer sy om net iets te onthou! Wie was dit? Hoe lyk hy, wat se ras…?
Sy stroop die klere van haar lyf af en gooi dit in die asblik en klim onder die stort in, voel nie eers die water is te warm nie, draai om en om en skrop, “ek moet van die vuil ontslae raak!” Snik sy.
“Sjoe, nou het ek my bloedrooi verbrand,” sy vryf oor haar teer vel. Niemand behalwe ek en die swernoot sal hiervan weet nie. Die klop aan die deur laat haar versigtig nader stap. Dis Kelly, haar Landlord en vriendin.
Jammer ek moes uitgaan vanmiddag, toe ek sien dis hoogwater, het ek ge-dink ons kan dit maar uitstel?”
Amara maak die deur groter oop. Geklee in haar kamerjas. “Hi Kelly,” groet sy terug. “Ja ek was daar, het vir jou gewag…”
“Jammer man, ek kon vroeër gebel het,” val sy Amara in die rede.
Amara stap tafel toe, oorhandig die potplant met verkreukelde salofaan en al net so aan Kelly. “Hier het ’n plant vir jou gekom, hoop nie ek het jou verjaarsdag ge-mis nie,” maak Amara flou verskoning, sy wens Kelly wil loop.
“Wat sê die kaartjie, ek verwag niks,” sȇ Kelly skoon verbaas.
“Nee, hier’s niks by nie.”
“Nee dis seker een van jou bewonderaars jong,” glimlag Kelly. “Hemel hoe-kom is jy so rooi?” roep sy verbaas uit.
“In die son aan die slaap geraak,” antwoord Amara oorhaastig. “Sien jou môre, lekker slaap.” Sy staan met die plant in haar hand…nog iets vreemds…
“Smeer iets aan daai brand, jy gaan afdop, lekker slaap,” verdwyn Kelley om die hoek.
Sy skakel: “Hi Henk, dankie vir die pragtige potplant, dit was nie nodig nie, jy’t mos verduidelik,” bedank sy hom, “hulle ruik alte heerlik…”
“’n Potplant?” Val Henk haar in die rede, “waarvan praat jy, het ek kompe-tisie?” Hy hoor hoe die foon val en skree.
“Amara is jy oukei, moet ek oorkom?”
“My hande is net nat,” dink sy vinnig. “Nee Henk, ek het net ’n slegte hoofpyn man, alweer in die die son aan die slaap geraak, jok sy”
“Het jy iets om te drink, praat asseblief as ek kan help jy weet nè?” Dis ’n be-kommerde Henk.
“Dankie my vriend, ek’s reeds in die bed, lekker slaap,” antwoord sy oor-haastig.
“Ek is lief vir jou meisiekind, onthou dit,” fluister hy sag.
“Liefde!” Snork sy as sy die foon neersit.
“My handdoek!” Onthou sy skielik, “die vent het dit seker as aandenking ge-hou,” sluk sy bitter.
Wel ek kan sien die bliksem is met ’n spoed hier weg, skoon sy een skoen verloor. Genade, hier lê haar handdoek nog, sug Willie hard en skud dit uit, sal dit môre-vroeg voor werk op haar stoep gaan sit.
Hy maak sy stokke bymekaar, draf terug see toe en slinger die twee visse terug die see in. Hulle lȇ te lank buite in die son en is regtig nie meer eetbaar nie. Daar gaan sy ete.
Hy gaan nou na Peet, by die polisiestasie toe en raporteer die saak, hoop die ou sal verstaan hoekom hy hom nie eerste geskakel het nie. Nee hy kon regtig nie die arme kind aan nog ’n vernedering bloodstel nie.
“Hel” swets hy hard. “Behalwe ’n drankbottel en ’n verlore skoen is daar niks wat hy kan sien nie.” Hy tel sy sak op, gooi sy stokke oor sy skouer en stap terug na sy bakkie toe. Die volgende oggend vroeg stop Willie voor die Horns se huis, daar is nog geen ligte aan nie, hy hoop net nie iemand sien hom nou hier nie. Versigtig sluip hy by die huis verby en plaas die opgevoude handdoek netjies op die stoepmuurtjie van die woonstel neer, draai om en hardloop amper terug bakkie toe. “Arme kind,” snork hy.
***
“As ek net die mislike smaak uit my mond kan kry!” Vir die soveelste keer borsel sy haar tande, tong oral en waar sy met die borsel kan bykom.
“Here ek weet nie wat gebeur het nie,” sy staan op haar knieë voor die bed, “ek weet net ek voel só vuil en ek is so kwáád! Ek weet nie eers wat om te bid nie. Amen.”
Stadig staan sy op en gaan sit op die bed. Daar’s nie sprake van slaap nie. Teen dagbreek het sy nog nie ’n oog toegemaak nie. Ek kon sweer ek het nou net iemand buite gehoor, dink sy benoud, haar senuwees is klaar. Sy trek die gordyn op ’n skrefie oop, sien niks. Sluit die deur oop en loer versigtig na buite.
“My handdoek!” Geskok sluk sy die gil terug en druk haar hande voor haar
mond. “Here, hy weet waar ek bly!” Sy slaan die deur toe, sit die veiligheidskyf op.
“Hier moet ek weg” gil sy. Sy stap foon toe, skakel Kelly…
“Hallo Amara, jy is vroeg vanmôre, is daar fout?” Antwoord Kelly nog half deur die slaap.
“Kelly,” sȇ sy huilerig, “bel asseblief my werk en sê vir Elmay ek is siek, my maag!”
“Arme mens, is jy seker dis nie sonstraal nie, kan ek vir jou iets bring?”
“Nee dankie, ek het reeds iets gedrink, gaan nou-nou dokter toe, laat asse-
blief net my kantoor weet sodra hulle oopmaak… Net nie mense nie.
“Ek maak so, is jy seker ek kan niks vir jou doen nie? Jy moet praat hoor.” Kelly is nou bekommerd, sonstraal is nie iets om mee te speel nie en Amara was bloedrooi gistraand.
“Ek kry nie die mislike smaak uit my mond uit nie. Hier moet ek weg, netnou is almal hier om te hoor hoe dit gaan,” snel haar gedagtes voort. Tant Dol sal verstaan as ek nie wil praat nie. Al wat ék weet, is dat hy wèèt waar ek bly, hoe anders kom my handdoek hier? Vader, laat ek net wegkom sonder dat iemand my sien, ek sien nie kans vir vrae nie.
Haar tant Dol het haar van die werk vertel destyds. Sy is Mamma se enigste suster en het moeder tot haar dood bygestaan. Dol self het nie kinders nie, só het sy haar tannie se dogter geword. Sy was so bly om weg te kom uit die Transvaal uit. Om by die see.te bly, was nog altyd haar droom. Wat nou gemaak, wat sal Tannie Dol dink…
“Amara kind, jy sit nou al ’n halfuur hier onder die boom?” Dol, wat die kar al’n ge-
ruime tyd dophou en wonder wat aan die gang is stap nader.
“Tannie Dol…,” Amara kry nie ’n woord uit nie.
“Kom kind, lyk my jy het ’n warm koppie tee nodig, loop hier om, ons is mos nie nou lus vir mense nie, of hoe?”
“Tannie kan ek tot die naweek hier in die tehuis slaap asseblief?” Smeek sy.
“My liefste kind, jy is welkom om bly net solank as wat jy wil, maar nou eers tee. Kom ons gaan sit onder daardie bome, dis rustiger daar.” Saam stap hulle na die groot ou Wildevy en gaan sit op die bankie.
“Tannie wil seker weet wat maak ek hier in die week, op ’n werksdag?” Sy
vee moeg oor haar oë.
“Nee wat, ek is bly vir geselskap, drink jou tee en ontspan, ek sien in elk ge-val veels te min van jou,” sy hou ’n bakkie beskuit uit na Amara.
“Dankie my Tannie, ek het geweet jy sal verstaan.” Ingedagte roer sy die tee om en om. Dis so rustig hier, hoekom moet die mens altyd alles vernietig, dink sy terwyl sy kyk na die gaanse wat mekaar langnek rondjaag, skree en blaas vir ’n vale. Die voëls baljaar bokant haar kop in die boom en vir die eerste keer van gisteraand af, voel sy kalmer.
“Sit jy net hier, ek gaan gou vir die kombuis sê ons het ’n gas vir ete.
“Asseblief tannie,” begin sy benoud.
“Toemaar kind, ons eet sommer by my plek, reg so?” Dol is uit die veld ge-slaan. Dis nie hoe sy die vrolike kind ken nie. Sy bestel twee borde.
Na ’n ruk stap hulle stadig na Dol se woonstel toe, waar daar ’n netjiese ge-dekte tafel gereed staan. Een van die kombuispersoneel bring ’n skinkbord met twee borde heerlike warm etes en sit dit voor hulle neer.
“Ek bring die poeding nou-nou Mme, ons het nog nie geskep nie,” beduie sy
en stap terug kombuis toe.
“Kom vat nog so ’n happie of twee, jy het skaars aan jou kos geraak,” moedig Dol haar aan, “ek weet nie wat gebeur het nie maar wat dit ookal is, krag gaan jy no-dig kry.”
“Die kos is heerlik, dankie Tannie, ek is nog vol van die koekies en tee,” maak sy verskoning.
“Ek is so bly jy is hier tot die naweek,” Dol wens die kind wil praat.
“Asseblief Tannie, kan ek solank gaan lê, as dit oukei is?” Dankbaar dat sy ’n plek het om weg te kruip.
“Dis goed so, Ek gaan gou met die kombuis reël,” stel Dol haar gerus.
“Hoop nie Suster Mary sal omgee nie, sal Tante vra asseblief,” sug sy moeg.
Dol klop aan Amara se deur, probeer deur die venster loer, dis is nog dig toe-getrek
“Amara kindjie, maak oop die deur,” die sleutel draai in die slot en die deur swaai oop. “Jy sit noual hoelank hier in jou kamer, jou kos kom net so terug kombuis toe, die ergste van alles is, jy praat nie.” Dol kyk na die bleek gesig voor haar.
“Praat met my kind, vertel my wat jou so vreet, jy weet dis veilig by my,” moe-dig Dol haar aan.
“Ag my tannie ek is so vuil, so vuil,” kreun Amara. Sy begin vertel met ’n stem wat Dol gladnie erken nie.
“Dit was hoogwater, ek het onder ’n boom op die strand in Alkantstrand aan die slaap geraak. Die volgende oomblik druk iemand my vas,” sy neig na histerie toe.
“Stadig nou, kind, sy neem ’n paar klam hande in hare. “Raak kalm, haal diep asem en vertel my alles.”
“Al wat ek onthou, hy was verkriklik dronk, het my oë toegemaak met ’n doek, my hande vasgemaak bokant my kop,” haar stem gaan oor in ’n skril geluid.
“Hy’t bo-op my bene gesit, ek’s skoon blou en hy het my gedrug! Vies vee sy oor haar mond.
“Verder kan ek niks onthou nie. Weet nie wie dit was nie!” kerm-huil sy. “Ont-hou net die stink drankasem. Weet nie hoe ek in my kar gekom het nie, Weet niks!” Kreun sy.
“Waar was die Here toe ek Hom geroep het waar?” Vra sy hartverskeurend.
“Hy was daar my kind, dis waarom jy nog hier is. Toemaar, toemaar ons het
nou eers werk om te doen.” Dol probeer kalm bly om haar eie ontsteltenis weg te steek.
“Werk?” Vra Amara verbaas.
“Dit het nou gebeur en daaraan kan ons niks verander nie, maar ons kan voorsorgmaatreëls tref.” Dis nou ’n nugter vrou wat voor haar staan.
“Tannie mag asseblief vir niemand sê nie!” Histerie lȇ weer vlak in haar stem.
“Jy weet wat tussen ons bespreek word is privaat, ons sal Suster Mary in ons vertroue moet neem en ’n VIGS-toets doen.
“Aids?” Skree sy heeltemal buite haarself.
“Eintlik, moes jy dadelik Polisie toe gegaan het, en dan hiernatoe. Nou is al die bewyse weg, ons gaan bloed trek en jou dadelik op regte medikasie sit, net om seker te maak.
“Ek het nie eers aan so ’n moontlikheid gedink nie!” Verward staar sy na Dol.
“Nou kom, was jou gesig, kam jou hare en laat ons dit agter die rug kry, moe-dig sy die bevreesde meisie aan.
SUSTER MARY
“Dag my kind, hoekom so skaars jong? Die Tante van jou kla net nou die dag dat ons jou so min sien. Het jy bietjie verlof geneem, is jy net hier tot die naweek?” Ver-neem Mary belangstellend.
“Môre Suster, dis maar die werk wat my so besig hou,” soek sy na ’n ver-skoning.
“Kom sit hier by die tafel, dan trek ons gou bietjie bloed, dit sal nie seer wees nie, hoor. Ons sal so ses weke moet wag vir die uitslag.”
“Suster…?” Die vrees klou om Amara se hart.
“Toemaar Hartjie, jou tannie het my die nodige vertel en eendag wanneer jy
reg is, gesels ons twee reg so? “Onthou net, niks in die lewe gebeur sonder ’n doel
nie, kom ons maak eers hier klaar. Hier is jou geheim veilig. Gelukkig het ons Anti Retrovirale medikasie. Luister, die PEP kursus moet gereeld gedrink word vir 28 dae. Dan toets ons jou weer oor so drie maande,” gesêls Suster Mary asof dit die normaalste ding onder die son is.
“Wat se doel kan daar aan verkragting wees. Het God die vrou gemaak om mee gemors te word?” Sluk sy verbitterd.
“Amara kind, dit was nie God se toedoen nie, Sy engele was daar om oor jou wag te hou. Dis die sondige mens se toedoen, jy kon dood of vermink gewees het. Dit troos miskien nie nou nie, maar eendag sal jy verstaan.”
“Sien jy daar is dit nou klaar, ek stuur dit dadelik weg. Ons verwag juis dat
Willie vir ons ‘n pakkie bring vandag, dan kan hy dit sommer gou Empangeni toe vat.”
“Wie is die Willie? Sal hy weet wie sin dit is?”
“Hy werk by die Richardsbaai Stadsraad, arme man is so vermink in ’n motor-ongeluk, was n kranige tennisspeler, hy was juis oppad na ’n wedstryd toe, toe dit gebeur het, nou weier hy om te speel en bly soos ’n kluisenaar, nee hy sal nie weet nie.” Sy kom nie verder nie.
“Dra hy ’n kopdoek en oogklap?” Val sy Mary in die rede.
“Stadig kind wat bewe jy so?” Maan Suster Mary haar, wag ek bring vir jou bietjie water om te drink.
“Ek wil niemand sien nie, kan ek nou kamer toe gaan asseblief?” Spring sy op.
“Amara!” Keer Dol verwonderd, “wat is dit?” Sy begin egter al in die rigting van haar kamer hardloop.
“Laat haar gaan Dol, laat haar gaan, gee haar bietjie tyd,” gee suster Mary raad.
“Ek maak vir ons tee, ek sal hare kamer toe stuur,” sȇ Dol verslae.
“Die ketel mens, ook maar goed dit skakel outomaties af nè,” lag Mary.
”Jammer Suster, maar ek is werklik bekommerd oor daai susterskind van my.” Hulle hoor hoe haar kamerdeur toeklap.
“Hy was daar, dit was hy!” Snik-huil sy en val op die bed neer.
Dol draai die deur saggies oop. “Moenie worry nie, ek maak later vir ons vars tee, wat is jou plan na die naweek, Liefie?”
“Nee Tannie, ek moet seker terug werk toe, ek weet nog nie hoe nie, maar ek moet terug. Ek sal Maandag oggend vroeg ry.”
OOGKLAP BY DIE STADSRAAD
Die stadsraadsbakkie stop voor die kantoor, emmers word afgelaai, bevele word ge-gee. Willie stap die rekeningafdeling binne en handig sy fakture in en die aansoek vir meer gereedskap uit die store in.
“Elmay, waar is die dametjie wat met die blou Volla ry, ek sien haar kar ’n hele paar dae nie in haar parkeerruimte nie, sy werk mos hier?”
“Nie ’n idee nie Willie, na die boodskap dat sy dokter toe gaan, is haar foon net af, hoop sy kom vandag terug, hier’s werk vir Afrika,” sug sy.
“Sal jy asseblief sorg dat Andries-hulle die gereedskap vandag nog kry, ek werk onder by die baai, dankie hoor.” Hy’s baie bekommerd, wat sou van haar ge-word het?
“Lyk my jy mis haar daar op die strand, of hoe?” Spot sy.
“Moenie laf wees nie, ek glo nie sy sien my eers raak nie,” antwoord hy kort-af.
“O, jy sal verbaas wees,” lag Elmay. Nou wat het nou in die vent gevaar, hy’s altyd so beleefd.
***
Maandag daag sy by die kantoor op. Elmey is in ekstase. “Vriendin ons het jou so gemis, jou Grieke god het ookal na jou kom verneem en arme Henk hy’s raadop kon net sowel hier gewerk het, want hy was knaend hier en bel amper elke uur…
“Ag Emey, doen my net ‘n guns, sê ek is in ’n konferensie, of dink iets uit, ek voel regtig goor, maar jy weet wat gebeur as die goed ophoop. Ek sal in die klein kantoortjie werk, ek wil ook net met meneer Truter ons hoof of my tante praat geen ander oproepe nie, sal jy vir my cover asseblief man.” ”
“Se voet, hier’s groot fout en sommer met almal van hulle,” brom Elmey en draai om na haar lessenaar.
SES WEKE OM
“Weet jy, ek worry rȇrig oor jou, dis nou meer as ’n maand en jy lyk soos ’n gees.
Weet ook nie meer wat om te lieg nie,” beskuldig Elmay haar. “Praat met my man, ek ken jou nie so nie,” vra haar hartseer vriendin.
“Ek is vanmiddag af, dan sal dokter toe gaan,” ek skakel sommer nou
“Môre my Tannie, gaan dit goed?” Bly dit is Dol wat antwoord.
“Amara kind, ek is bly om van jou te hoor, jy was te stil!
“Sal dit moontlik wees om my te sien vanmiddag? Daai medikasie is klaar.”
“Ek is seker Suster Mary sal vir jou ’n plekkie maak, hoe laat?
“Sal drie uur goed wees?” Sluk sy.
“Sien jou my kind, dit sal lekker wees,” Dol is net so benoud, maar laat niks blyk nie.
“Ek gaan dan maar Elmay,” sȇ sy as sy die foon neersit, “ek wil eers gaan
stort, as dit oukei is met jou?” Haastig begin sy haar goed bymekaar skraap.
Elmay is te dankbaar haar vriendin gaan vir hulp. “Laat jy weg wees jong, ek hoop jy voel môre beter, mooi ry,” sȇ sy so deur die fone deur. Dit raak besig by die kantoor. “Hallo, rekening afdeling, Elmay hier, kan ek help?”
“Haai jy, is Amara al daar, kan ek met haar praat?” vra ’n uitasem Henk.
“Jy het haar nou-net met ’n sekonde gemis, sy’s dokter toe, sorry man.”
“Het sy nie iets vir jou gesê nie, sy vermy my soos pes.” Dis ’n baie onge-lukkige man.
“Nee jong, ek weet net sy’s siek, sy praat skaars, ek ken haar ook nie so nie,” sug Elmay.
“Wel, ek weet wragtig nie wat aangaan nie, bye vir eers,” vies plak hy die foon neer.
“Jammer ou, kan jou rêrig nie help nie, bye,” praat sy skuldig in die dooie foon.
“Dankie vriendin,” Amara gryp haar sak. “Laat ek liewer reg-deur ry, sal som-mer daar gaan stort.”
“Ek gaan nog hel toe van al die liég,” waarsku Elmay ewe droog.
SY ONTVANG SLEGTE NUUS
“Hallo my kind, jy’s vroeg, nou kan ons eers iets drink.
Ek het sommer regdeur gery tannie, dit sal lekker wees dankie. Amara sak moeg in die naaste stoel neer.
“Jy’s bleek kind, eet jy saam met jou medikasie?”
“Ek is klaar Tannie, maar ek word so naar van die goed, hoop dis nou verby?
“Laat ons liewer aan die veilige kant bly kind, ons is amper daar. “Nou kom as jy klaar is, laat ons hoor wat Suster aanbeveel.”
“Middag kind, gaan dit goed?” Verwelkom Mary hulle. “Stap sommer deur julle.”
“Dit gaan seker goed dankie Suster.” Gee die bleek gesig antwoord.
“Stap deur toilet toe en los vir my ’n bietjie urine in die glasie asseblief,” beveel Suster Mary.
“Kom sit hier by die tafel as jy klaar is, dan neem ek solank jou bloeddruk.” Dol trek die stoel uit toe sy terugkeer.
“Hoekom vat sy so lank, wat wil sy met my urine maak, daar is mos bloed ge-trek?” Amara vee angstig oor haar gesig.
“Geduld liefie, sy weet wat sy doen,” troos Dol. Mary keer terug en sak agter haar tafel in en kyk lank na die bleek gesiggie.
“Wanneer laas het jy jou periode gesien Amara?” Vra sy sag.
“Hoekom Suster?” Sy hou aan die tafel vas. “Ek weet nie ek…” hakkel sy.
“Stadig nou, dink mooi, wanneer is dit jou tyd, min of meer en hoe gereeld is jy?
“Here, nee!” kreun Amara en vou dubbel.
“Bedaar my kind, luister eers.” Dol sit haar hand op Amara se skouer.
“Dit was ’n paar dae voor die gemors! Ek is baie gereeld agt-en-twintig dae, nou is ek oor my tyd met ’n week of meer!” Snik sy.
“Kalmeer nou eers, kom lê eers ’n rukkie, ek gaan bloed trek en eers seker maak, raak eers rustig,” gaan Mary rustig voort.
“Ek bestel vir ons iets warm om te drink, rus ‘n bietjie.” Dol loop liewer.
“Jy het jou kursus volledig gedrink nè?” Maak Mary seker.
“Ek het dit gedrink soos voorgeskryf. Ek is nooit oor nie Suster, ek kan net sowel dood gaan!” Snik sy.
“Dis nou genoeg Amara, ek wil nie weer sulke nonsens hoor nie,” bestraf Mary haar.
“Kom, droog eers daai trane en drink bietjie warm kruie tee Liefie,” troos Dol.
“Ek kannie nou drink nie Tannie…”
“O ja, jy kan, dit sal jou kalmeer dan kan jy en Suster gesels,” dring Dol aan.
“Jy moet onthou, die Here gee ons nooit ’n kruis om te dra, sonder die genade om dit te doen nie kind,” troos die Suster rustig.
“Jou urine toets positief maar om dooddeker te maak stuur ons ook jou bloed weg, dis amper seker dat jy verwag…,” verder kom Mary nie.
“Ek wil dít nié hê nié!” Skree sy en spring van die bed af, stamp die stoel dat dit daar eenkant val.
“Bedaar nou eers, ons gaan niks doen voor al die toetse nie terug is nie, dan gesels ons weer,” gaan Mary voort.
“Intussen, groei die ding binne my!” Gil Amara buite haarself.
“Stop dit Amara! Jy dra ’n lewe in jou en nie ’n ding nie, nou bid ons vir krag en genade en jy doen niks, vat dit kalm, ons bel jou sodra die toetse in is, goed so?” Probeer Dol haar gerusstel.
“Dankie Suster, mag ek nou maar gaan?” Stomgeslaan stap sy deur toe.
“Ek wens die vreksel vrek!” Huil sy en trane rol oor haar wange. Sy sien nie meer die pad nie. “Ek beter van die pad aftrek,” dink sy hardop en trek langs die grootpad af, sluit die motor af en leun met haar kop op die stuurwiel. ’n Motor stop kort agter haar. Wie sou dit nou wees? Miskien is dit die vent wat my agtervolg! Bevrees sluit sy die motor aan en trek weg dat die klippe spat
“Vader tog, gaan ek nou die res van my lewe bang wees,” bid sy hardop
“Help my asseblief!” Smeek sy.
Ek sal weer tot agter die huis in ry, daar kan niemand my sien nie, besluit sy
Verwoed trap sy die briek. Sy kan sweer dit is Henk wat nou daar voor haar plek wegtrek. “Dankie tog, ek’t hom gemis,” sug sy hardop.
“Nee wat,” sug Henk, “ek sit noual twee ure hier en wag met die hoop sy daag op. “Sy slaap seker oor, sal maar eers ry en môre weer probeer.” Moedeloos sluit hy die motor aan en trek stadig weg. Wat hier aangaan weet hy sowaar nie!
***
Hier moet ek weg. Gelukkig behoort die meubels alles aan Kelly, so ek pak net op wat myne is en die res kan bly. Sy begin dadelik pak.
“Eina my enkel,” kreun sy, “plaas val ek liewer die ding uit my lyf uit,” swets sy toe sy ’n trappie mistrap. Gou stort, loop haar gedagtes voort. Die foon lui aanme-kaar, laat ek antwoord, Henk het nou-net gery so dit sal nie hy wees nie.
“Amara, goeie naand,” antwoord sy amper te sag.
“Ek’s bly jy het geantwoord jong, hoe voel jy?” Dis Elmay.
“Haai maat, ek’s oraait, besig om te bad, gesels môre hoor, bye,” sny sy
die gesprek kort.
“Bly jy’s terug, sien jou môre,” lui Elmay af. Hier’s ’n hengse fout sowaar, dink sy hardop en sit die foon neer.
“Genade Amara, wat sluip jy so in?” Vra ’n verdaasde Elmay die volgende oggend.
“Ek het sommer gestap, groot probleme tuis, ek weet Pretorius en Truter is in ’n konferensie. Elmay jong, ek maak klaar vandag,” rammel Amara haar storie af.
“Jy wat! Jy’s doodsbleek, wat is fout, kan jy nie net verlof vat nie?” Voor haar staan ’n geskokte-verbaasde kollega.
“Nee maat, dié probleem is te groot, ek verduidelik alles in my brief aan jou, lees dit later, oukei? Ek gaan net gou aan jou oorgee, moet vir niemand sȇ ek’s hier nie asseblief.” Sy krap in haar sak en haal twee koeverte uit. “Hier’s my bedanking, sal jy dit vir Truter gee, daarin verduidelik ek alles, dankie my vriendin…”
“Gaan jy vandag al? Wat van Henk? Die man is al amper van sy kop af!” Elmay, nog nie oor die skok nie, vat die briewe aan.
“Ek wil nie daaroor praat nie, my maatjie, ek is net wèg! Cover vir my asse-blief?” Sy begin haar goed bymekaar maak.
“Is jy seker daar is nie ’n ander uitweg nie man? Ek gaan jou mis vriendin.” Elmay is so verbaas dat sy net versteen bly staan.
“Nee jong, ek gaan nou maar, dankie vir jou vriendskap en al jou liefde. Groete aan Gert en die kleintjies,” kom dit tranerig van Amara af.
“Gee my ’n drukkie en pas jouself op waar ook al jy mag gaan.” Elmay om-hels haar vriendin en hou haar ’n oomblik styf vas, trane loop oor albei se wange. Elmay weet hier’s ’n daie groot fout, en dat hierdie vaarwel is.
***
“Hallo Elmay,” Henk staan in die deur, “is Amara nog nie in nie? Ek sien nie haar Volla buite nie, kyk net hoe laat is dit al? In die deur staan ’n verbaasde Henk hande in die sakke. Vinnig vee Elmey die trane af.
“Nee sy is nog nie hier nie,” kom ’n skuldige antwoord.
“Ek weet waaragtig nie wat aangaan nie, maar iewers is daar ’n helse fout. Vra haar tog om my asseblief te bel!” Hangskouer stap hy by die deur uit.
“Ja ou Henk daar’s beslis groot fout, jy gaan haar nie gou weer sien nie indien ooit weer,” sug Elmay hartseer.
***
Vroeg die volgende oggend loop Amara koets, koets na die groot huis toe en klop Kelley op. “Kelly, jammer ek pla so vroeg. Ek het slegte nuus ontvang en moet dadelik vertrek, jammer maat, hou maar die deposito vir ingeval daar iets kort,” rammel sy alles af.
“Is dit so ernstig, moet jy dadelik gaan? Ek kan die plek vir jou hou vir ’n rukkie,” vra ’n baie verbaasde Kelly, vee die slaap uit haar oë uit en neem die sleutels by haar vriendin.
“Dankie vir al jou liefde, ek het só lekker gebly,” sê sy sag. “Hier’s die huur vir ’n maand, alles is darem nog heel. Laat ek ry voordat ek tjank!” dwing sy die trane terug. “Tata ou Kelly, ons sien mekaar weer.”
“Totsiens my vriendin, laat dit met jou goed gaan, mooi ry en skryf asseblief.” Stomgeslaan staar Kelly die meisie agterna, nou helder wakker.
***
Hoop nie tant Dol jaag my weg as ek nou daar aankom nie, ek kan nie langer hier bly sonder om my geheim te verklap nie, dink sy as sy die pad vat, terug Kwam-bonambi toe. Ingedagte snel sy voort, trap die rem woes as sy besef dat sy al verby en oppad Transvaal toe.
“Vader waar is my kop?” Gesels sy met haarself. “Tant Dol moet my help om van diè ongewenste wese ontslae te raak, vandag nog!” Sy ruk die kar om en jaag terug. Lank sit sy onder die boom…
“Nou kind?” Vra ’n verbaasde Dol.
“Jaag my maar weg as Tannie wil, ek kan nie langer daar werk en bly in dié toestand nie.
“Kom klim uit, en kalmeer, los maar jou goed in die kar, kom eers saam met my.”
“Kan ek asseblief ’n rukkie hier bly, ek kan betaal, asseblief!” Smeek sy.
“Wegjaag? Hoekom sal ek dit nou wil doen? Sit dan gesels ons bietjie, iets om te drink?” Dol skink vir haar uit die vars pot tee.“ Jy’s al wat ek het my kind en soos my eie het ek jou lief, nog melk of suiker?”
“Nee dankie, dis reg net so,” Amara vat ’n slukkie tee, “daar is niks om oor te gesels nie, Tannie moet my asseblief net help om van die ding ontslae te raak.”
“Dis nou genoeg,” bestraf Dol haar. “Ek wil nie weer hoor dat jy na God se skepping as ’n ding verwys nie, daar is ’n rede vir alles, en om opstandig te wees gaan net van jou ’n siek en bitter mens maak.”
“Tannie kan maklik praat, dis nie jou lyf wat onteer is nie!” kom dit bitter.
“Amara ek gaan jou nou vandag vertel hoekom ek nooit kinders van my eie kon hê nie, maar dit bly tussen ons, daar is min mense hier wat daarvan weet, behalwe suster Mary.” Dol begin en bly ’n oomblik stil.
“Wat het gebeur Tannie?” Vir ’n oomblik vergeet Amara van haarself.
“Ek was net sewentien, en vreeslik verlief, dit was my droomman. Wel hy was heelwat ouer as ek en het my die hemel en aarde belowe. Voor ek my kon kry was ek verwagtend. My ouers was woedend en my wonderlike geliefde, skòònveld.” Vir ’n wyle bly sy stil.
“Hulle wou my wegstuur tot alles verby is en die baba laat aanneem. Een van my maats vertel my toe dat sy weet van ’n vrou wat my kan help,” sy raak weer weg in haar eie wȇreld.
“Wat toe Tannie?” Vra Amara belangstellend.
“Wel, ek was jonk, my ouers wou niks weet nie en ek gryp toe na die geleent-heid. Ek het by die dood omgedraai en in die hospitaal wakker geword, moes drie punte bloed kry en na ’n liederlike infeksie, is ek ingelig dat ek nooit weer kinders kon hê nie. Sy kyk stip na die meisie voor haar.
“Verstaan jy nou hoekom ek jou vra om mooi te dink? Hoekom ek nooit getrou het nie en hoekom ek hier werk waar ons meisies help wat nie weet waarheen nie?” Hartseer lȇ vlak in haar stem.
“Maar hierdie is tog nie ’n agterstraatkliniek nie?” Argumenteer Amara.
“Kom ons stap kapel toe,” sy vat Amara aan die arm en begin stap.
“Wat kom maak ons hier?” stribbel sy teë, toe hulle die koel Kapel instap.
“Bid asof die oordeelsdag op ons is. Hier kry ons die antwoorde wat ons soek. Kom kniel saam met my.”
Amara plof voor die Maria beeld neer en snik haar hart uit. “Jesus was so klein,” snik sy, “Hy was so bitter klein!” Langs haar kom Mary kniel.
“Huil maar my kind, Hy verstaan en net soos Hy sy kruis moes dra, só sal Hy jou help met joune. Ons gaan nou nie meer praat van weggooi nie nè ons gaan hierdie kruis saam dra elke tree daarvan, weet dít, Hy laat jou nooit alleen nie.” Suster bid en Amara luister, toe dit by vergifnis kom, praat Amara vir die eeste keer.
“Dit kan ek nie doen nie, die vent vergewe? Ek weet nie eers wie dit was nie, of wat ek hier binne my ronddra nie!” Huil sy.
“Hy wèèt en Hy hoor jou. Hy weet dat dit vir jou moeilik is, maar laat dit gaan my kind, dit sal die pad vorentoe ligter maak. Wèèt dat Hy sal voorsien, vat jy net Sy hand,” lei Mary haar. Lank, rustig op haar tyd troos sy die verwarde kind, tot sy be-daar en innerlik rustig raak.
Saar verlaat die kapel liewers saggies en laat die twee alleen..
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek