Jongste aktiwiteit:

Sleepvoet Komplot

Sleepvoet Komplot

Ek sleepvoet…
deur gange van jou emosie –
druipstert vir al jou hartsgoed,
vol vrae agter siele vensters
tenger die klop klop vandag
tog kasty die liggaam jou wil
en verdrink jou siel in die nag
tartend na môre se lig –
so duur jou lot…
smee tyd ’n komplot
teen ons asem – teen ons mens
sirkelend soos ’n mot
om ons lewens kerse in ’n pot –
’n reënboog pot vol wense.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed