soekie
pragtigste ou dingetjie
het almal altyd van haar gesê
so vrolik opgewek en vriendelik
altyd gewillig om te help
maar sy soek man
en sy kan nie kry
want soekie
is nooit
tevrede
elke vryer is deeglik getoets
elkeen moes haar standaarde hê
so het sy vele goeie seuns laat gaan
sommer net een dag laat staan
tot sy vir pietie ontmoet het
hy was berug en glad
afgeronde pier
sy trou toe;
maar
sy
soek
nog!
ai!
soekie
soek
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.