Slow dance met ‘n engel
Slow dance met ‘n engel
My engel kom ons maak herinneringe
Waar ons mekaar kan kry as die dae aleen raak
Smile nog eenkeer, ek smeek jou
In jou oë dans onvergeetlike memories
Kom ons skink ons plastiek glase vol duursame boks wyn
Verewig verlore in nou, onder die jong verouderde sterre
Kom ons maak herinneringe
Wat ons kan hou
Kom ons maak herinneringe
Die tipe wat die hemel se engele oor rou
Trane word gefluister op soppy melody’s
Harte jaag klopend mekaar
Terwyl ons stadig dans op die engele se note,
Daar waar ons klou aan ons betowerlike memories
Kyk nog eenkeer in my oë
Kyk nog eenkeer in my siel
Kom maak hom stil, gee hom vrede,
Gee aan hom hoop, terwyl jy jou voetspore los as jy daar rondloop
Kom ons maak herinneringe
Kom ons hou vas aan hulle
Kom ons maak herinneringe
Kom ons slow dance terwyl die engele sing oor hulle
Ek speel ons herinneringe teen die grafsteen uit
Daar waar jy rustig lê en geduldig wag vir my
Met elke dag se geselsies
Oor die jare raak die besoektyd al langer
Daar maak ons nogsteeds herinneringe,
Ek en jy my engel
Daar waar ons slowdance op die bekende melody
Van ons hartseer glimlagende memories
Dans ek met ‘n engel onder die kaal wakende sterre
Deur
© Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.