Jongste aktiwiteit:

Smartvraat

Voor jy jou wraak
op ander wreek,
moet jy jou hand eers diep
in eie boesem steek;
waar eie ek ydel
teen nederigheid baklei
sal jy moontlik die oorsprong
van jou rampsaligheid kry.

Daar waar jy ontkennend swyg
oor flaters wat slaafs
voor trots neerbuig;
tussen versinsels wat fier
in geilgrond
van eieliefde groei,
onderwyl jy narsisties
op vrot nydseiers broei.

En…

as spyt jou laatnag
aan die keel kom gryp
en jy jou foute inkennig
in die oë moet kyk –
dalk dán sal jy tot insig kom
(en sien)
dat die saad van jou ongeluk
in die holte van eie boesem blom.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed