Jongste aktiwiteit:

Die galante man op die perd

Daar is kraansvoëls op my blou stoep
sonvangers sal die reën roep
en kuikens met nuwe oë uit eiers dop,
rawe knor die brakke aan hul stewels
terwyl die galante man met sy bruinpak en swartdas
stil stil die sterre pik,
kierie het hy nie meer
maar met ‘n huppel in sy stap sal hy pikeur
en van sy baadjie sal jy hom niks leer meneer!

O’ die son het in die mond van ‘n walvis trakteer
en sy beminde kon hy nie keer
sy het haarself in ‘n duisend stukkies verstrooi
en in ‘n kannibale nagtesang offreer,
sou die engele kwinkeleer
en die galante man op sy perd bespeur
tot die son en walvis klaar trakteer
en die kuikens met nuwe oë
saam die hane op my blou stoep kraai.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed