Jongste aktiwiteit:

Smekend om Lig

‘n Christelike gedig na die Ambrosiaanse cantus Antiphona post Evangelium.

O, my God, hoe weet U wanneer om te antwoord?
uit die diepe donker smeek my siel om Lig
maar ek kry geen antwoord.
mag ek – vleesomhulde siel – dit vra?
hoop vervaag.
alles word tot nag om my –
vriende, vriendskap en liefde
verdof tot slegs ‘n skadu.
en dan, skielik, klink daar ‘n lied.
Uit die donker ruis stemme met
die klank van die Engele.
Hul sing tot U eer.
Hul sing uit die verlede.
in hul eie donker tyd antwoord hulle:
Haleluja! Haleluja! Haleluja!
die stemme bring U Lig na my en
ek – vleesomhulde siel – kan sien en sing
en uitreik na ‘n stukkie van U seën.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed