SOOS NOU
SOOS NOU.
Lank gelede se die tyd vir ons
harte voel soos gister en eergister
wat is tyd as die hart nog voel soos nou
die tyd het net kom wys op die uiterlike
behou die soos nou so lank as wat jy kan
voor die viervliegies en skoenlappers ophou
vlieg het die tyd alles kom haal en die soos nou
is weg die soos nou kan niemand in ‘n testament
nalaat nie nie, net jy en ek alleen ken die soos nou.
Geniet dit nou voor die blommejies se blare verlep
die skoenlappers nie meer vlieg nie
en viervliegie nie meer gevang kan word nie
die uiterlike totaal vergaan en verhuis na ‘n
plek so onbekend waar daar nuwe onthou
sal wees onbekend aan ons lewe lag dans al lyk
soos nou vir ander of ons iets verloor het
wonder jou wonder verlang jou verlang onthou jou
onthou bitter of soet ons was vry kommerloos net
jy en ek ken daardie soos nou wat niemand kan erf
elkeen op ons eie is dit ‘n geheim in ons harte wat
dit voel soos nou miskien sien ons eendag die
waaroms en hoekoms en sal ons weer kommerloos
en vry wees.
Dans jou soos nou lag jou lag soos nou wonder
jou wonder soos nou voor die musiek ophou
waar daar hemelse musiek op ons sal wag
en ons soos nou ‘n ander soos nou sal wees.
~JAC~
2016-6-11
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.