Jongste aktiwiteit:

In die trane van ‘n hartseer einde

Alleen in die “droӫ” woestyn
van wegkruip’woorde
raak dit al hoe leliker en kaler
van eendag lank- lank gelede
was daar…

Verban die herinnering
van jou agterkop
en getye en trane
vorm in die agtergrond
‘n patroon van lydenstyd

Terwyl jy deur die skynbare van niks
van die gipsvlakte in die “droogte’ reis
rol die wielspinnekop wrakke van jou siel
tussen die geraamte’huise van kolmanskop

Daar word ‘n reӫnboog
se warm strale
deur die donker weggetoor
want hy het vergeet van kleur

Wanneer trane
oor jou wange stroom
verdwyn myne in die sand
“Dit is net deur die Wil van God
dat ons op koers bly
en die Krag van God se Liefde
wat ons Sterk hou”
van ‘n hartseer einde

(Opgedra aan my ouers albei het Vaskulӗre Dementia)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed