Blyderverwacht, Geboorteplaas
Blyderverwacht my Geboorteplaas
(Droogte en Depressie van 1933)
Blyderverwacht my geboorteplaas
het onder ‘n knellende droogte gebuk gegaan
en ook die depressieswaard van 1933 vorige eeu – – –
Mens en dier het versmag onder die bloedige son
alles was reeds verdor en verskroei geen weiding meer
diere het gevrek en geen staatshulp nog beskikbaar- – –
Elke dag steek die pragtige waterlose pronkwolke op
en word angstig dopgehou maar dis te hoog en gee
slegs ‘n bietjie verligting teen die versengende hitte
Op ‘n dag het die donderwolke swaar, dreigend en
laag opgesteek met gerammel en blits, mens en dier
het hoopvol en angstig magteloos gaan skuiling soek,
die oë na bo gerig biddend vir genade en uitkoms
uit die voortslepende droogtegeteisterde ellende- – –
Uiteindelik plof die eerste groot druppels in jare
neer in die stof en het ‘n deurdringende landsreën
oor die dorstige verdorde plaas uitgesak,
so lank voor gewag op
Blyderverwacht—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.