
Soet geur
Waar dit wyd is
waar jy baie vêr kan sien
verby die son se lyn
is weerloos jou hande
in die mond van mŏre
Verby die horison se see
waar die son warm skyn
waar die blomme blom
‘n warm straal oor jou vee
Jou soet geur dans
oor my hart se vloer
en my siel bibber
vir die koms van warm somer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek