Spikkels van goud
Bly nog ‘n rukkie
vra jy so mooi vir my
nee mammie ek moet ry
dit word donker daar buite
Dit is jou verjaarsdag vandag
en ek kyk terug
op die veld van goud
maar jou spore lê dof
in die lang gras
Jou beste jare
die mooiste tye
opgekrul in ‘n windpomp se wiel
wanneer die wind
deur hom waai
Sal hy moeisaam sy kop draai
druppel vir druppel
val die water in die geroeste ou dam
die grond voel koud en klam
2 Kommentare
-
neels
een van Palet se uitstaande werke hierdie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek