Eindelose Swerftog
Eindelose Swerftog.
Daar is ongeduld en
‘n koorsagtige onrus
want die wind waai vanaand
weer so opstandig en sterk
deur die bome soos eeue se
opgehoopte alleengelate asems
wat opstandig en force opruk en
takke en vensters ruk en pluk
en asmaties rebels deur noue
kosyne en vensterrame blaas
en onverrigtersake snuiwend
onvergenoegd voortgaan om
later met uitgewoede asems
magteloos te gaan lê en die
asemlose kragte weer opbou
vir die eindelose
swerftog – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.