Jongste aktiwiteit:

Spraak(silwer)

As ‘n afdruk van rouheid pers uit die lippe soos weerspraakte
woord of geswetse oomblike aanspraak maak oor ons tafels
mag die genot van hul lewe, jou bevry O’ mede lanterfanter

mag hulle jou inkleur soos modepoppies vir die verhoog
eggo’s van jou karakter in galerye vertoon
soos Van Gogh en Rembrandt

mag die afvuur van jou klinkers en medeklinkers
in skote van beton gelaaide monde vuur
tot in handgebare ure,
swernoot, rampokker en laaste maar tog eerste, Jy.

©Morné du Preez
#Foto aangeheg is hoe ek wou eintlik die gedig oor tik maar kom toe agter die formaat van die rekenaar laat my nie toe.
#Tensy daar iemand is wat wel weet hoe?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak