Sterdrome
tussen die aandster
en die suiderkruis
hang die volmaan
sy ontelbare sterre
aan die donker hemelruim
net reg
om gepluk te word
sodat ek dit in my sak kan steek
ek lê my hartsbegeertes
in die melkweg neer
en wat as
my sterdrome
v e r s k i e t
©Jessica Venter
12/02/2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.