Jongste aktiwiteit:

Stilte van donkerblou

My liefde spat
goudgeel vreugdes
teen ‘n wit doek
se klots-klap branders vas

Skemeraand sluip sag
in purperpers en bessie-rooi
waar jou hart se pols’klop
stil gaan staan
in die koepel’krul van die maan

En wanneer stilte
spikkels van goud
oor die donker strooi
skyn ‘n nuwe seisoen ligblou

Waar jou sag-sug-slaap
in die trom-trompet
van ‘n aandblom invou
is daar nuwe hoop vir nou




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed