Jongste aktiwiteit:

Beskermengel

Beskermengel

Uit ‘n fabelagtige kosmos
het vegters van weleer
swaarde gekruis –
die horison rooi en blou geverf

ek het jou vlinderskroewe opgewen
en jy het soos ‘n bliksoldaat
die pas makeer

jy wou my teen spoke beskerm –
ek het jou afgestof,
jou stewels blink gepoets:
oupa se voorlaaier oor jou skouer gehang

maar jy’t op ‘n hoop gaan sit
en voor hulle my wegraap
kon ek hoor hoe ysterkake
jou siel aan flarde ruk

só het ek bloeisels
in lemoenboorde van tyd gestort.

© Ernst Fernando dos Santos




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed