Jongste aktiwiteit:

Superman-pa van my kleintyd

kleintyd Pa het jy vir my reg langs Superman gestaan
jy my held sou ek volg tot by die maan
ons was vinkel en koljander
die een eet graag roomys so soos die ander

vir my was jy die beste my super sterk pa
wat stories lees en my op jou skouers dra
saam het ons gelag vir ons snaakse skaduwee
wat een kon word en dan weer twee
saam het ons ‘n droom-karavaan gebou
om by Ouma in die Kaap te gaan vakansie hou

toe sonder om iets te sê het jy weggegaan
ek moes agterbly en kon nie verstaan
in my drome was alles soos dit kleintyd was
ek kon perdjie ry en jy hou my weer styf vas
saam kon ons twee lag en speel
saam stories lees, saam roomys deel

maar toe kom ‘n vreemde pa terug na my
my kleintyd drome was verby
‘n pa wat nie lag of roomys eet
een wat niks van stories weet
ek kon nog my skaduwee laat verdwyn
maar ons saamwees was net skyn
jy wou nie meer hê ek moet saam met jou
ons droom-karavaan klaar bou

vandag weet ek my koljanderpa vinkel is anders as jy
jy is nie ‘n super-held nie net ‘n mens met voete van klei
maar vir my sal jy
altyd my superman-pa van my kleintyd bly




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed