Saphira en die Skikgodinne
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus Campbell – Eolande MacKeltar se man […]
Saphira se Storm
Saphira hou die swartkop seuntjie dop wat rondhardloop met sy klein boog en koker vol pyle. Hy’s nogal goed daarmee – vir ‘n klein monster. ‘Kyk, Saphira! Ek gaan jou op jou wit vlek skiet!’ skree hy parmantig en mik vir haar. Sy gluur vir hom. Niemand – niemand – hou ‘n wapen na haar […]
Saphira se Jeukerige Rowe
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop onrustig deur die kasteel. Sy sien goed in die klipgange wat nie regtig daar is nie. Sy soek wat vermis is al glip dit weg voordat sy dit kan bereik. Sy hou aan hiermee totdat sy ingehok begin voel. Sy gaan uit in die kasteelmuur en loop rond tussen die […]
Saphira en die Toorlied
Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag. Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling is swanger en het ‘n gesonde aptyt. As sy moet wag […]
‘SKUUS MENSE!
Liewe Anze ♥, liewe medeskuldiges, liewe vriende, liewe [û-ûm, ûr, êrg, c]:o(…], nouja, liewe mense, ‘n paar maande gelede het ek die beleefnis gehad dat ek nie tot inkorgza kon deurkom nie. Ek het in my onwetenheid allerhand mense geteister en getreiter – ook my seun wat in ‘n aaitie-firma werk – maar dit het […]
Deure
Deure Sy was lank siek die liggaam baie verswak en op ‘n dag het sy tydsaam die deur saggies agter haar toegetrek en sy was weg, verhuis sê hulle — Hy was oënskynlik fris en gesond en het sy gholf baie geniet toe die hartaanval skielik toeslaan en die deur hard agter hom toeklap en […]
Stormnimfe en Meerminne
Madelein kners op haar tande. Dis al hoe sy haar gevoelens kan inhou. Barry is so opgewonde soos ‘n kind om op die boot te klim. Sy, daarenteen, is al moeg vir die hele toer deur die Kaap. Dalk as hulle dit in kleiner sarsies aangepak het… Sy kyk op na die lug. Die wolke […]
Saphira in die Donker Woud
Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf. Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit beteken dat die wind hoog […]
Saphira en die Getoorde Skêre
Saphira loop deur die woelige kasteelmuur. Die grond is goed platgetrap en geen gras kan meer daar gesien word nie. Net die klippaadjie wat van die kasteel na die biblioteek lei breek die bruin eentonigheid. Houtstalle is opgerig vir die perde wat saam met die krygers ingetrek het. Saphira kan die soet strooi ruik. Net […]