Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Die Lewe"(Bladsy 160)

Hoor die kokkewiet se fluit in die rietjiesbos. Die Piet-my-vrou se sanik roep wanneer die son se laaste trane die heuwels rooi laat bloos. In die verte huil ‘n jakkals. Bosduif sing sy treurlied jammerkermend in die wilger by die dam. Die Bosveld verstil en saggies daal die aandskemerte soos ‘n wolkaros heen. Ek lê […]

mannekyn vlees teenwoordig lewende gees dwaal oor verlate plekke pilverdoof, geesgebroke as gesondheid ontbreek planne van roem pooitjie wat is bestaansreg dan? stoflike genade uitgegiet nietemin ‘n iemand of twee wat omgee, koester iewers ‘n hiervandaankomplek ‘n behoortplek ondanks leemtes deur bloed en belofte mag nalatenskap iewers vastrapplek kry iewers tussen die wasems ‘n tuiste […]

lang rye tou aan mense oor my duin benerig en verpot in die winter koue knoppe waar daar nie moet wees nie af gesakte jasse soos vark wange almal dink diep aan korruptheid maak kruisies dik waaroor hul stik eenkant staan tent waar reënboog wink anderkant blou see ©Teárlach

om my duin is daar blommetjies fyn botsels van die vroeë reën onder droë sand se kors ontkiem daar ander onder die kors van venyn ontkiem daar reeds nuwe groei jong mense met stamina en insig blymoedigheid en braafheid vasberade om te leef jellie-vissies spoel uit op strand droog uit en vorm droë saadjies fyn […]

Einde van hierdie maand vier ek en Die Ander Een ons 15de anniversary… 15 laaaang jare. Hoe oorleef jy 15 jaar saam ‘n persoon? Goeie vraag! Baie versigtig… Soos met alle verhoudings was daar maar baie ups and downs. ‘n Gelag. ‘n Gehuil. Uiteindelik bereik jy ‘n ewewig punt waar die redes om lief te […]

Leeg Leeg, leeg is wakker word in hierdie nag ek open my oë, dis jy waarna ek smag veraf die geluid van ‘n tortelduif wat koer in die lig van die maan is ek wat vir jou loer my arms voel leeg, niks wat ek kan weeg my beminde, langs my, is jou plekkie leeg […]

heerlike sonnige oggend ligte see briesie waai my duin is verlate koue dwing alles terug in hulle gate tevrede sak fisant onder fynbos neer sonlig en sade wurmpies en pik-goed skrop hy tevrede wanneer vind mens geluk wanneer jy te veel het en kan gee of wanneer jy net genoeg het soms word genoeg net […]

Een Uur Wat is ‘n uur in die lewe van ‘n mens is daar in gevoelens werklik ‘n grens ek kyk diep diep in jou oë, dit is ‘n gawe ek wil my siel deur jou oë begrawe ‘n uur saam met jou is van korte duur dit maak die lewe in ons harte suur […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed