Een uur
Een Uur
Wat is ‘n uur in die lewe van ‘n mens
is daar in gevoelens werklik ‘n grens
ek kyk diep diep in jou oë, dit is ‘n gawe
ek wil my siel deur jou oë begrawe
‘n uur saam met jou is van korte duur
dit maak die lewe in ons harte suur
“n uur saam met jou, laat gevoelens opwel
dit is die liefde wat vir ewig kwel
sou ons die tyd kon fop
en eens die klok kon stop
sou een uur, vir altyd wees
ons twee saam se grootste fees
gesteelde tyd is gou-gou klaar
ons liefde raak nooit ooit onklaar
uur vir uur, elke dag begeer ek jou
selfs in die nag is dit net te gou
is die uur nou werklik oor, verby
wanneer sal jy vir altyd hier bly
vir jou wil ek dan vir ewig hê
in my drome word ons toekoms belê
Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.