blom
om my duin
is daar blommetjies fyn
botsels van die vroeë reën
onder droë sand se kors
ontkiem daar ander
onder die kors van venyn
ontkiem daar reeds nuwe groei
jong mense met stamina en insig
blymoedigheid en braafheid
vasberade om te leef
jellie-vissies spoel uit op strand
droog uit en vorm droë saadjies fyn
soos eiers in warm en klam broeikas
vorm dit weer nuwe groei met tyd
so herhaal siklusse van bestaan
my siel smag na nuwe jeug
waarin ons eie weer sal ontkiem
vasberade sal groei en blomme dra
voortbestaan en vrugte voortbring
kinders se toekoms te verseker
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.