Jongste aktiwiteit:

Gebed van n Vrou

Hoor die kokkewiet se fluit in die rietjiesbos.
Die Piet-my-vrou se sanik roep
wanneer die son se laaste trane die heuwels rooi laat bloos.
In die verte huil ‘n jakkals.
Bosduif sing sy treurlied
jammerkermend in die wilger by die dam.
Die Bosveld verstil en saggies daal die aandskemerte
soos ‘n wolkaros heen.

Ek lê my by U voete neer o Heer.
U wonderwerk omvou my,
behou my, beskerm my.
Laat U wil geskied,
Ek gee oor.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed