Les Misérables
– selfs net die naam laat my verstom om te lees is ervaring en lewe self nooit voorheen het ek dit ervaar asof my eerste liefdeservaring lees stadig omdat elke sin heuning vir die siel is – die bevolking is ‘n bejaarde Narcissus wat homself aanbid en die alledaagse toejuig daar is meer blydskap in […]
bemin
– solank onbekend onbemind bly sal die wêreld altyd trane stort – met ‘n glimlag die nuwe dag binne so glim jou lig en skyn oor almal – goedgelowigheid lei meestal na skade jy kan net nie meer bekostig om te vertrou – praat jy nog van jou beminde wanneer hou verliefdheid op en begin […]
LAAT MY TOE
Lief, ek wil hoor hoe jou tafe-tefe’s klink – jou heles, halwes, kwarte en agtstes. Ek wil dit op vyf swart lyne en wit blad vir jou ink, en ontdek wat sku-skarrel so in jou gedagtes. My raaiselmens: jou rustelose bladsye klap styf toe as ek jou wil lees. Ek wil so graag luister na […]
(Fok) Liefde … goud
waar het jou hart sy swaeltjie gevind kyk hy vlieg weg in wind, vir alles wat jou wil verorber het ek jou oë toegebind ©Morné du Preez
stil
– “stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas.” (Jan F E Celliers) – leiers pop soos popcorn uit op ‘n warm pan in grootse fanfare en luidkeelse simbaalse krete kondig hul, hul eie onbehulpsaamheid aan – die profeet van pampoenvlei vertel ‘n storie sy aanhangers lag en jil elke klankie […]
Uit die as Silwer Julie 2022 projek
Sal ons ooit eendag kan verstaan waarom die klein pionier na die brande blom groen spatsel kleur wat verskyn in die as soos ʼn Fenix wat uitreik na die son
vet
– van die vet van ons land lewe julle nou al vir twee dekades die wit beendere steek oral uit meeste van die sagte vleis reeds daarmee heen – eeue se bouwerk verniet met groot gierigheid opgevreet selfs aasvoëls het nie aas nie geraamte hang droog in die wêreld wind – aanstons kom die maerte […]