onbekwaam – onwillig
– terwyl die bande brand bedwelmde massas jil van haat hoë rookwolke pikswart optrek rooi vlamme alles verteer sit een en maak skoon sy ou hout geblokte geweer – grillige hordes barbare gil dat spoeg in alle rigtings spat kunsmatig opgewerk in emosies wat massa histerie bou en wek tref klip iets teen die kop […]
Wit geskrik (Silwer) Limeriek April projek
Daar was eendag ‘n man van Phuket En sy vroutjie die fraaie ou Het. Met n skok sien ou Frans Het is eintlik Hans Toe hul skuinslê op die wittebroodbed.
fenomeen
– elke jaar se jaar ring kom later elke seisoen word eers uitgedink elke winter kom sommer in een dag somer bly langer weg as ooit tevore tye, jare en lewens verander skerp selfs branders lê grys onder serp van misbanke wat kom en gaan soos die buie van ‘n tiener wat nog die lewe […]
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Grootword (Silwer)
Saam met jou kon ek drome droom en wense wens sonder skaamte of skroom. Saam kon ons ruimtes bespied en water op verdroogde akkers giet. Saam kon ons baljaar en kommer oor môre lag-lag wegstoot. En toe … toe word ons groot. Nou is daar geen ruimte meer vir drome droom of wense wens sonder […]
Skatte uit my onthoukissie (Silwer 445 woorde)
Dit was ‘n sonnige Saterdag. ‘n Somersdag ideaal vir saamkuier en piekniek onder koeltebome. Reëlings is getref, kosmandjies vol versnapperings gepak, en die tyd vir ontmoeting by Wonderwaters se Waterpark afgespreek. Die ideale plek vir ons vroue om ‘n blaaskans te kry, bietjie op te vang oor wat in almal se lewens aangaan, en sommer […]
Boudswaai haaikos Silwer – Limmeriek
Ou rooikop Hes van die baai Het altyd die koppe laat draai. Sy spring in die see Met ‘n huppel of twee En word haas die prooi van ‘n haai.
las of pas
– laai maar op die gewillige donkie tot sy rug krom en bol trek onder soms op die grond sleep van las dankbaar laai ons maar op sy rug – gewillige donkie is soms steeks selfs onderduims soos ‘n muil wat ook dwelm middels dra en smous verslawend in die ontvang en lis – wie […]
Spookvoel
Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]