Ver-voegsel
Ver-armde student Ver-metele vent Ver-reikende gevolge Ver- doel lewe Ver-beur geen kanse Ver-borge liefde Ver-ander lewe Ver-anker mekaar Ver-antwoordelike huwelik Ver-rassing oppad Ver-huis Ver-band gebou Ver-sekering betaal Ver-f nuwe kleure Ver-nuftig herstel Ver-wagtende moeder Ver-wag enkeling Ver-lammende induksie Ver-blindende geboortepyne Ver-lossingstang baba perfek Ver-gaap aan kleine mensie Ver-basende vermoë Ver-lief op hartedief Ve
Geslote deure
geslote deure bring hartseer diep meskien uit jou kinderjare terwyl myne altyd half pad oop en half pad toe was hartseer in my kinderjare het ek nie sommer geken nie behalwe van eendag oor my pa toe kom die huwelik nagte van huil was deel daarvan maar eendag was daar ‘n ontdekking die grootste ontdekking […]
pyn gedagte
– pyn in elke treë wie sal my dit gee pyn maak my verleë val soos op eend se rug hartstog is dalk die brug geen oorsaak of gevolg sal weer daarop volg pille vergiftig meer verswak die seer – ©Teãrlach
PRISMA
Nog in die laaste uur van my weerskyn was ek vir jou ‘n spieël ‘n truweerkaatsing van dit waaraan jy so mildadig vas wil hou die ander jy wat van buitebreek ‘n binneding wou maak daarom gee ek my lens vir jou een wat lig kan uitstraal om ‘n nuwe dag se lyne oor jou […]
Lewensfontein
syfer helder water uit die oog buik van die aarde omhoog lewensfontein helder water hou lewe instand uit die oog blomme prag en gras omhoog lewensfontein helder water plesier verskaf uit die oog swem in branders omhoog lewensfontein helder water vastelande gevorm uit die oog berge triomfanklik omhoog lewensfotein helder water water water lewenswater uit […]
Uit my hande
In my hande het ek jul nog kon toevou reenboogmooi my twee klein duifies vinkel en koljander nie een soos die ander het jul verskil van mekaar my groen oog nooi en my blou oognooi vlooi en plooi het ek jul soms genoem vandag nog so af en toe… maar julle het groot geword en […]
Werfkotiljons * (*ook gespel – werfkotteljons) Silwer 208 woorde
Oktobermaand. Die mooiste, mooiste maand. Leipoldt het nie in Alberton gebly nie. My grasbesem lyk asof dit deur die weerlig getref is. Ek vee elke dag die agterstoep om te keer vir die gras en blare wat kinderlik in die wind baljaar. Stof lê duimdik oor elke vensterbank gespoeg. Dit is asof die wind my […]