Geleende Veer
Skouspelagtig daag sy op pragtig afgerond geklee met ontwerperskeur en fleur asemrowend tower sy die feëverhaal met geleende veer Valse waarheid glasskoen verloor tinktinkie-lelik en onafgerond sonder geleende veer @Lenel
Waar Liefde Begin
Hoofstuk 1 — Chaos op ʼn gewone dag Dokter Laurie Kilber is gewoond aan chaos, dié soort chaos wat siekte en dood by ʼn ongelukstoneel of in ʼn hospitaal kan meebring maar daar is niks in dié dag, ʼn normale dag, wat haar kon voorberei op die chaos waarop sy in haar sitkamer sou inloop […]
Tanka: Wilbur Smith
Wilbur Smith skrywer internasionaal bekend skielik oorlede vir ewig en altyd weg verhale onvervangbaar
Tanka: Sondagmymering
Sondagmymering gister vir ewig verby more onbekend net Hy in die hemel weet ons kan slegs glo en vertrou.
NET JY EN EK
Ons nag-uur se sweef in ‘n bewustelose trans Is die vrede wat ons begeer weg van die glans Daar waar ons stil word in ons alleen-wees plek Waar ons niemand hoef te wees nie, net jy en ek Hoop ons werklik vir lig, wanneer toegevou in ons donker plek Wil ons werklik uit daardie wonderlike […]
chaos (BRONS)
alle ruimte alle tyd in enkelheid met biljoene galaksies met biljoene sterre alles wat daar is en nog is is net energie in ‘n niksheid met geen lig geen tyd geen vakuum is net tydlose ewigheid verval alles meedoënloos tot niet in materie van ‘n niksheid en chaos neem oor
God is daar
God is daar in die stilte van die nag met donkerte omring en slaap wat wegkruipertjie speel. God is daar as retoriese vrae oor lewensbesluite woer woer met my gedagtes speel my vrede in more steel. O Heer, maak my geloofsoë en ore oop dat ek U kan sien en hoor – ek wil nie […]
stil
– Vader ek word stil my lewe is ‘n lied gesing op krakerige wysie van ouderdom – Vader ek bly stil U teenwoordigheid demp my klanke tot dank-gebed – Vader ek word stil dankbaarheid is my oorweldigende lied in totale oorgawe – Vader ek word stil die einde is dit nie slegs die begin van […]
twee oë kyk
– een oog het vir ander gesê hou jy ons op die regte pad ek sal na die ander kant kyk – mooi het vir lelik gesê bly jy net mooi vir die oog lelik het toe gaan skuil – geluk het vir ongeluk gesê lag en sing jy maar oor alles ongeluk het toe […]