Jongste aktiwiteit:

NET JY EN EK

Ons nag-uur se sweef in ‘n bewustelose trans
Is die vrede wat ons begeer weg van die glans
Daar waar ons stil word in ons alleen-wees plek
Waar ons niemand hoef te wees nie, net jy en ek
Hoop ons werklik vir lig, wanneer toegevou in ons donker plek
Wil ons werklik uit daardie wonderlike vergetelheid wek

Die herroep van die beeld wat die nagure vul
Vat die begeerte weg om vir ewig die lewe te stil
Ons wil elke nag terug na vergetelheid gaan
Daar waar ons in eerlikheid voor onsself kan staan
Weet ons, dit wat in die daglig onvergeeflik is
Vul ons wese snags soos ‘n minnaars-kus




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed