seer
. seer sekerlik waai die wind vandag gister was dit ook so, en môre weer maar dit is soos die lewe wat ek leef elke dag het sy verwagte winde daarmee saam kom die reën al is dit buite seisoen maar dit bring seën gister se trane teen vandag se reën maak môre oop in […]
Die aandlied roep
saggies neurie sy ‘n lied die onthou van gisters so vars wanneer sy tuur deur die venster oor die plaas heen soete gedagtes onthou sy hope van grondboontjie lande koringare so deur vingers geglip waar die stroom water eens was lê nou net n droë paadjie geroes staan hy daar by die dam die ou […]
opgehewe
. vroeg op strand sien al die mooi eerste alles wat uitspoel lê daar om te sien of aan te raak oral lê daar opgehewe bultjies gekraakte sand spoortjies . my duin is ‘n leerskool lewens waarhede by die see drome het my tot hier gebring waar gedagtes in woorde val verskyn lewens oomblikke op […]
inkennig
. op my duin sit ‘n ou man lewenslank verskeur tussen inkennigheid en uitsprakigheid introvert gebore – ekstrovert aangeleer om opleiding te kan gee aan ander . om inkennigheid te oorwin neem baie energie van ‘n mens om dieselfde werk te kan doen is veel makliker vir ekstrovert woorde glip oor sy lippe soos water […]
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Piekniek onder die ou peerboom (Akrostigon) Silwer
Saterdae is kuierdae Almal kom van ver Mandjies vol lekkerte En ‘n pienk laslapkombers Sprei uit onder die ou peerboom Yskoue koeldrank en braaivleisvure Naweek familie plesier