Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê
toe ons saam onder die sterre lê …
die knusheid van ons samesyn
broei herinnering in my gemoed
van soel somersdae
se luilekker ontspan op die stoep
oor jare het ons vermeerder
‘n kroos van drie plus sewe
vrolike familiekuiers om die kerstafel
met kinderlag besprinkel ons lewe
vir niks sal ek dit ooit verruil
dié groot seën uit Vaderhart
wat stewig vasgestring hang
aan die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê
waarheid het agter haar woorde gelê …
©Driekie Grobler (2020)
3 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HelenaMellet
So mooi, Driekie! Sal hierdie een met my saamdra in die Kersgety.