
seer
.
seer sekerlik waai die wind vandag
gister was dit ook so, en môre weer
maar dit is soos die lewe wat ek leef
elke dag het sy verwagte winde
daarmee saam kom die reën
al is dit buite seisoen
maar dit bring seën
gister se trane
teen vandag
se reën
maak
môre oop
in pragtige
dagbreek van
genade
.
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek