Jongste aktiwiteit:

Meteoriet

Eens het my hart aan jou behoort
dog stadig maar seker opgekerf
sny jou tong gewetenloos
meteoriet pyle deurdrenk is my siel

met klapperende gedruis
soos water wat kabbel oor klippies
oorvleuel jou meteoriet woorde
my binneste geruisloos

wanneer meteoriet lawa
van jou vuurspuwende berg
soos ‘n grou kombers oor my vou
en elke stukkie veragtelik uitmekaar brand

dreun die gedruis van woorde
wat versplinter in die klowe van my gehoor
soos ‘n haelstorm en donderweer
wat alles binne in my losbreek

gaan lê my liefde op die ashoop
soos kokende lawa en ophoop
en ‘n stadige ontploffing meebring
uit die aardkors van ‘n gewetenlose spel

27/01/2020
©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed