My televisiemonster
Ek was te jonk toe almal met opgehoue asem jou geboorte in spanning vasgenael tyd afgetel het jou fanfare dag het toe aangebreek met kort asemteue jou lewe begin gou het jy stil jou babaskoene ontgroei om diep spore in ons lewens te kom trap ons beste vriend het jy geword ure van pret verskaf […]
Sonneblomtyd
Sag soen reën dorre aarde vanuit kors bars sonneblomme juigend groen reikend na bloue hemelruim bot geel glimlagte wat verbly gehoorsaam volg aanbidders vuurbal getrou tot dorstyd aanbreek vir hul. © Taai Bonthuys
Diep ankers
Jy gooi jouself die diepwater in en jy vra my dan, om te swem, tot waar ek in jou verdrink en jou oë diamante word wat my verblind Maar ek het nie die kaart vir hierdie reis, maar net die wind en die wind bly waai en jy bly my roep Waar ek soms kom […]
Die Swaan
Daar iewers het ek my Rembrandt vergeet sy bloed pers nog druppel-drip uit my hart, en ‘n akrielreuk wat my verlange verhard- daar iewers het ek my Dali vergeet oor ‘n geruite vloer, tamboer dit my, wyl ‘n pappegaaibek kwas snik-snik demp- daar iewers het ek my Monet vergeet in ‘n reën-nat papawer tuin tussen […]
reis en rys
die wind strooi sandkorrels soos rys oor my duin en verberg die spore van gister sonstrale droog klam dou van laasnag wat oor my kar lê en blink dit glinster en verdwyn op my bord lê daar bed van rys skaap en tamatie bredie bedek dit en dit ruik heerlik klein aartappeltjies rol die lewe […]
Corlett Drive
lewens sloer verby skuur oor teer geen emosies word verruil ignoreer of koop die wagwoord hier. besige mense vloei verlore verby die snot neus gehuurde kind wat gas adem vir môre se brood. verskulde mode pop dra swaar aan bediendes, alleen huis kinders glas besigheids man se stads bestaan. gesluier in vele doppe stoot ons […]
Herkou
oë staar na niks rooi bloed stol verrot in nuwe lewe. gedagtes in niet gewerp wysheid uit kop gewring oorleef in die sapiens stam. tyd en daad stempel alles tot fyn mis stof verwaaid as droë kompos. gene, goed atome dra vandag nog energie uit talle eeue. ons is verneuk lewe momente is alleen groei […]
4 uur op die snelweg
die nag is somber swart en koud die donkermaan se hiperbool swaai ‘n sekel oor die sand ‘n yswind suis uit hoeke uit en die snytjank van ‘n jakkals eggo rillings oor die land in hierdie vasgestelde uur soos ‘n mistiese swart slang wat die dood se engel aansis lê die snelweg stil en wag […]
Gesig Lyne
planete bal glad en baba rond sonder kuile van vêr af is in werklikheid ń krater gesig. kreukel vry jeug gesig word geroem as dié doel. maar eina stories ets unieke lyne wat roompies nie kan verberg in elke gesig. so kerf energie planeet landskappe sny gesig plooie as bewys van die lewe.