tonnel sig
die wind blaas ‘n tonnel in die nag dieper in die tonnel flikker daar lig dit flikker soos vlamme van ‘n vuur die gedruis van die see weergalm tot ver tussen die tonnel se mure dit skep ‘n klank-toneel so onguur hoe verder ek in die tonnel in gaan hoe meer verdwaal my gedagtes in […]
afstandige liefde
met eerste oogopslag was sy die een vir my sy was mooi bruin gebrand sy was ‘n atletiese figuurtjie haar glimlaggie het altyd gedraal selfs as sy so skalks omkyk na my so het sy my lewe bykans oorheers vir baie jare was sy net daar maar ver na skool nie weer gesien op ander […]
Bergstroom Lewe
valeie vloei met lewens vog blink teen kranse in vroeë môre lig baba kruipend in die mos. vog slypel oor die groen rots met ontbyt lus kartel meisietjie sag in ń blink kol. water stoot eie paadjie oop stamp gruis een een tiener dom na ń padda dam. water loog in kolkende stroom nael string […]
krit les
klein kindertjies sit voor my met groot oë bekyk hul my jonk en onervare student moet intree toespraak maak neëntien vier en sestig is dit voor standerd een kinders voel ek my pad na ‘n krater om hul te vertel van ons taal vir hulle is ek ‘n groter boetie slegs twintig geword en groen […]
kkh
hier naby op kleinhoewes boer daar nog mense soms as die wind reg draai hoor mens ‘n haan kraai selfs die skape blêr gaan jy nader hoor jy ook die kloek-kloek-haan wat sy henne nader roep na waar die saad geval het wanneer dit baie warm is kom skapies bymekaar staan dig teen mekaar so […]
Toe doughnuts nog lekker was!
Hierdie mense is nou ‘n ware verhaal. Ek onthou my eerste motorkar: ‘n witgeplakte roes besmeerde Opel kadett 1985 model, hy was nou nie ‘n Ferrari nie maar jinne as hy maar was sou ek nie nou die verhaal skryf. Ek kan skaars nog behoorlik bestuur, sekerlik my drywers lisensie net ‘n volle jaar gehaad(want […]
DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO) DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die dagga en dwelm wette swaarder geword […]
Droogte
Dorstig reik aarde hemelhoog helder skyn son gaapwekkend neer in dof-groen houtlywe se vingerpunte sing geveerdes troosteloos en hartseer geen hoop is gou in sig nie om dag mee blink te smeer asgrys versteen ons oeste lei vee onder dood se beheer donker-beloftes vergaar weer saam nuwe oeste lyk weer aangenaam. © Taai Bonthuys
Estate Lewe
In stede lê die dorpe beplan met grys rand stene langs straatligte wat grom nek oor leë spasies lig. swart diamanté, bruin smaragte wit wannabes ń volle samelewing weerspiëeling in nuwe elite karre ry die ego kurwes. die estate verwek deur tydelike wense gee geboorte tot skulde wat vandag vreugde slu omskakel in langtermyn skade.