Wense Vir Jou
Wense Vir Jou Vers 1: Mag jy nooit neersien op ander En dink jy is méér kosbaar Mag jy nooit ander se waarde Aan hul omstandighede bepaal Vers 2: Mag jy altyd goed sien in mense En mag hulle goed sien in jou Mag jy nooit jou lus vir wen verloor As die lewe suurlemoene […]
Gebed vir Suid-Afrika
Gebed vir Suid-Afrika Vers 1: Liewe Heer Hy het sy vrou en kindertjies nag gesoen Dit was die laaste iets Wat hy kon doen Vers 2: En die son Het vir hulle nie weer opgekom Want ‘n moordenaar Loop nie weg met kaal hande Koor: Hulle dink hulle is God En kan lewe neem Die […]
Onverdiend
Onverdiend Vers 1: Hoe sal ek die woorde vind Wat pas by U Sal al die stemme in die heelal U wondergroot mag kan beskryf Vers 2: Hoe sal ek ooit kan verbaliseer Wat U beteken Sonder U hand oor als Is als en almal verlore Koor: En al meng ek my ABC’s Ook hoeveel […]
Godsverlate
(Goud) Die bloukraanvoël het net ’n veer gelos teen die versletevaal ou baksteenmuur (naas die oop deur van ‘n leë wolskuur) tussen doringstruik en granatebos. Net toe die laatson oor die einders blos en skarlakenrooi oor die hemel vuur; toe ’n wolkie stof oor die stil werf stuur het selfs sy oplaas van die grond […]
Die Engele Haal Asem
Vers 1: Jy het my lewe ingestap En die twyfel verander in sekerheid Met jou hier by my Kan ek nie anders as om te glo Vers 2: Jy’s nie sommer maar net Nóg ‘n gewone mens Jy’s soveel meer werd as dit Is hoe ek jou sien Dis hoe ek jou sien Koor: Jy’s […]
Suiwer
Vers 1: Jy is eg en opreg In ‘n wêreld vol van leuens Is dit jou waarheid Wat onveranderd bly Vers 2: Daar is ‘n kind in jou Wat my herinner aan Walt Disney Die onskuld in jou Sien mens nie sommer om ons nie Voor-Koor: Die wêreld is steenkoud Steeds bly jy fluweel In […]
Hulde Aan Ons Helde
Vers 1: Jy het jou ma daar sien staan Met ‘n bruin koevert in die hand En ‘n traan op die wang Sy het stilweg geknak En haar oë het verklap sy is bang Toe sy jou tas help pak Vers 2: Daar was ‘n seer In jou pa se oë Soos jy dit nog […]
waardering
die mooi in mooi is altyd aanvegbaar minstens kreukbaar begin punt vir argument mooi kom tog deur die oog van die waardeerder alleen vir baie min beteken mooi dieselfde as vir die ander waardering vir mooi is dalk ‘n beter segswyse ©Teárlach
natuur frats
in koeler weer rus my duin saggies onder sif-reën sak dit vas maak lagie klam sand wat net spoortjies van druppels wys die lug voel skoon met miljoene druppels wat rond dobber op pad grond toe in ligte bries seevoëls klink hees en sit en bibber op strand vaal verdroogde oë loer skelm agter blinders […]
VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE
Marion Holm lees voor uit: Van Satynlakens tot Teerstrate. Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag ‘n Sho’t Leftengeltjie vandag spesiaal vir jou ‘n deuntjie ‘n goudgeel magrietjie in jou hart se knoopsgat druk. https://www.dropbox.com/s/vr8u5ldq9rjleqs/Satynlakens%20%2896%20kbps%2044000Hz%20Slightly%20Downsampled%29.mp3?dl=0 ©Liza Daniells