
Wense Vir Jou
Wense Vir Jou
Vers 1:
Mag jy nooit neersien op ander
En dink jy is méér kosbaar
Mag jy nooit ander se waarde
Aan hul omstandighede bepaal
Vers 2:
Mag jy altyd goed sien in mense
En mag hulle goed sien in jou
Mag jy nooit jou lus vir wen verloor
As die lewe suurlemoene uithou
Koor:
Mag jy altyd so lekker
Vanuit jou binneste lag
Mag die vrede en liefde
Jou volg elke dag
Mag die lewe net sy mooi kant wys
En jy rigting vind as jy verdwaal
Mag jy altyd dit in jou hart dra
Jy is eindeloos spesiaal
Vers 3:
Mag jy elke dag die mooi
In iets raaksien
En mag jy weet
Dat jy ook die mooi hier verdien
Vers 4:
Mag Sy hand van beskerming
Onverpoos oor jou wees
En mag jou hart nooit ‘n rede vind
Om iets te vrees
Brug:
Mag die min vir jou genoeg wees
Mag jy enduit dankbaar bly
Mag jou stem sing
Soos die van ‘n kind
Mag jy tot die einde van tyd
Jou hulp van bo kry
Herhaal Koor
“Wense Vir Jou” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.