Jongste aktiwiteit:

Gebed vir Suid-Afrika

Gebed vir Suid-Afrika

Vers 1:
Liewe Heer
Hy het sy vrou en kindertjies nag gesoen
Dit was die laaste iets
Wat hy kon doen

Vers 2:
En die son
Het vir hulle nie weer opgekom
Want ‘n moordenaar
Loop nie weg met kaal hande

Koor:
Hulle dink hulle is God
En kan lewe neem
Die bloed van boere loop wyd
Tree in o Heer

Wat kan ons doen
Meer as om kop te skud, te huil hieroor
Ons kan bid, want dis U
Wat ons noodkreet hoor

Vers 3:
Die boer is die man
Wat lewe in aarde plant
Lewe gee vir almal
In hierdie donker land

Vers 4:
Waarom moet boere
En hul gesinne val
Deur hande
Wat kos van boere ontvang

Herhaal Koor

Brug:
Heer, ons gee ons land vir U
Maak dit gesond en heel
Vat ons land, o Heer
Wis uit die moord in harte

Dra ons hierdeur
Ons land is in twee geskeur
Here, sorg vir Suid-Afrika
En stort U seën oor ons neer
Dankie Heer
Amen

“Gebed vir Suid-Afrika” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt ©
Beskikbaar as enkelsnit op Spotify, iTunes, Google Play Music, ensomeer
Kyk gerus na die musiekvideo op YouTube:




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed