
Onverdiend
Onverdiend
Vers 1:
Hoe sal ek die woorde vind
Wat pas by U
Sal al die stemme in die heelal
U wondergroot mag kan beskryf
Vers 2:
Hoe sal ek ooit kan verbaliseer
Wat U beteken
Sonder U hand oor als
Is als en almal verlore
Koor:
En al meng ek my ABC’s
Ook hoeveel keer
Sal woorde nie kan raakvat
Hoe dankbaar ek is
Dat U my God van liefde is
My Vader
Ek dank U vir U goedheid
Dankie dat U na my ook omsien
Kan dit waar wees
Hoe kan ek U liefde verdien
Vers 3:
Waar sal ek die woorde vind
Dis onbeskryfbaar
U was nog altyd
Is nog steeds
Sal immer Heerser en Koning wees
Vers 4:
Hoe sal ek ooit kan funksioneer
Sonder U genade
U is die Een
Wat my nog staande laat bly
Hier op aarde
Herhaal Koor
Sluit af met:
Kan dit waar wees
Hoe kan ek U liefde verdien
“Onverdiend” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt ©
Beskikaar as enkelsnit op alle goeie digitale platforms
Kyk gerus na “Onverdiend” se musiekvideo op YouTube:
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.