Jongste aktiwiteit:

Die Engele Haal Asem

Vers 1:
Jy het my lewe ingestap
En die twyfel verander in sekerheid
Met jou hier by my
Kan ek nie anders as om te glo

Vers 2:
Jy’s nie sommer maar net
Nóg ‘n gewone mens
Jy’s soveel meer werd as dit
Is hoe ek jou sien
Dis hoe ek jou sien

Koor:
Jy’s ‘n klinkklare bewys
Dat die engele asemhaal
Voor jou koms het ek soms gewonder
Maar nou weet ek dat hulle bestaan
By jou kry ek ‘n voorsmakie
Van hoe die hemel daar bo voel

Met jou aan my sy glo ek rotsvas
Sonder twyfel
Ek weet nou gewis
Die engele haal asem

Vers 3:
Ek glo nie dat jy regtig besef
Net hoe waardevol jy eintlik is
Jy is nie van hier
Jy’s ‘n engel van God aan my

Herhaal Vers 2 en Koor

“Die Engele Haal Asem” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt ©
Vrygestel op alle goeie digitale platforms in 2017
YouTube Skakel: https://youtu.be/7CdXrAx-zDE




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed