Jongste aktiwiteit:

Suiwer

Vers 1:
Jy is eg en opreg
In ‘n wêreld vol van leuens
Is dit jou waarheid
Wat onveranderd bly

Vers 2:
Daar is ‘n kind in jou
Wat my herinner aan Walt Disney
Die onskuld in jou
Sien mens nie sommer om ons nie

Voor-Koor:
Die wêreld is steenkoud
Steeds bly jy fluweel
In ‘n heelal vol skatte
Is jou hart die mooiste juweel
Want jy sien … Jy sien

Koor:
Jy is suiwer
Jou oë so eerlik en waar
Daarom weet ek hoe jou hart lyk
As jy in my rigting kyk

Is jy meer suiwer
As al die bergstrome
In ‘n wêreld vol geheime
Lees ek jou bladsye

Jy is suiwer
Selfs meer suiwer
As gesmelte goud

Vers 3:
Jy is eg en opreg
In ‘n wêreld vol onsekerheid
Is jy die waarheid
Waaraan ek vashou

Vers 4:
Daar is iets in jou
En niemand kan jou dit ontneem
Jy is kosbaar
Mag jy dit nie vergeet

Herhaal Voor-Koor en Koor

“Suiwer” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt ©
Vrygestel as enkelsnit op alle goeie digitale platforms in 2018
Kyk na “Suiwer” se musiekvideo op YouTube:
https://www.youtube.com/watch?v=O3K8aN_TqRY




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed