Jongste aktiwiteit:

Hulde Aan Ons Helde

Vers 1:
Jy het jou ma daar sien staan
Met ‘n bruin koevert in die hand
En ‘n traan op die wang
Sy het stilweg geknak
En haar oë het verklap sy is bang
Toe sy jou tas help pak

Vers 2:
Daar was ‘n seer
In jou pa se oë
Soos jy dit nog nooit gesien het
Want daai brief het gesê
Jy moet grensdiens gaan doen
Wat kon jy doen behalwe grootword

Koor 1:
Aan ons helde bring ons hulde
Ons bring hulde aan julle
Wat geveg het tot die einde
Wat gesterf het vir ons land

Julle’s hier in ons hart
Al lê jul voetspore daar
Soveel meer as net name
Teen ‘n muur in Pretoria

Nooit vergeet ons van julle
Nou bring ons hulde
Aan ons helde

Vers 3:
Jy het jou briewe ontvang
En een het diep seer gemaak
Want daai brief het gelui
Wens jy was hier by my
Om te voel hoe hy skop
Jou oë was sopnat
Want jy kon nie daar by haar wees nie

Vers 4:
Jy eet maar jou Bully Beef
En jy drink jou 20c bier
En verbeel jou dis kos
Gekook deur jou ma
In die son brand die verlange
In Oshakati en Katima

Koor 2:
Aan ons helde bring ons hulde
Ons bring hulde aan julle
Wat geveg het tot die einde
Wat gesterf het vir ons land

Julle’s hier in die harte
Van al jul geliefdes
Soveel meer as net spore
Wat verdwyn het in sand

Nooit vergeet ons jul name
Nou bring ons hulde
Aan ons helde

Brug:
Soveel manne het agtergebly
En nie huistoe gegaan
En hulle dra steeds die letsels
Hulle wat eens daar was
Die oorlog ken geen wenners
As vriende doodgaan
Vir al hierdie manne
Só sing ons nou saam
En ons … Ons salueer julle

Koor:
Julle’s hier in ons hart
Al lê jul voetspore daar
Soveel meer as net name
Teen ‘n muur in Pretoria

Sluit af met:
Nooit vergeet ons van julle
Ons helde

“Hulde Aan Ons Helde” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt
Vrygestel op die “Die Engele Haal Asem” album in 2017
Beskikbaar op alle goeie digitale platforms
Die YouTube Skakel:
https://youtu.be/O-8WGJ0cjJw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword