Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Onvergeetlik

Deur André van Wyngaardt
Datum gepubliseer: 30 Mei 2020 Aantal woorde: 184 375 Kere gelees 8

Onvergeetlik

Vers 1:
Al vergeet ek my woorde
En het ek nie meer volle beheer
Oor my doen en late
Sal ek steeds hierdie weet

Vers 2:
Ek sal weet wat liefde is
Sal weet waar my hart veilig rus
Ek sal weet
Aan wie se sy ek behoort

Koor:
En al maak die jare my ouer
Brand my liefdeskers nie flouer
Al verleer ek als
Sal ek steeds weet wat ek het in jou

Die lewe kan ‘n mens van soveel beroof
Maar dit kan nooit liefdesvlamme uitdoof
Selfs al vergeet ek eendag jou naam
Sal dit onwrikbaar bly staan
Die gevoel in my vir jou sal nie kan taan

Vers 3:
Al vergeet ek my drome
En dink die mense daar is nie hoop
Sal my hart steeds sing
En sal dit van dankbaarheid oorloop

Vers 4:
Want dit is my oë
Wat iets in jou sal herken
Niks het ek verloor
Ek het jou liefde gewen

Herhaal Koor

“Onvergeetlik” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel as enkelsnit op alle goeie digitale platforms soos op 26 Junie 2019
Luister gerus:




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 1

Welkom by my Ink profiel. Ek is André van Wyngaardt en ek is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, komponis en sanger. As 9 maande oue baba, het my ma en tannie op my afgekom waar ek "Stille Nag" geneurie het in my kot. Musiek is in my are ... Aan vaderskant het my pa se twee broers bekendgestaan as Die van Wyngaardt Broers; hulle het musiek gemaak en langspelerplate vrygestel in die jare 70's. My musiek is beskikbaar op alle goeie digitale platforms, o.a op YouTube, Spotify, iTunes en Google Play Music. Kom luister gerus.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 128 gaste aanlyn

Bydraes – Argief