Sielswens van ‘n slegte dromer…
Die voorjaarson sak statig, frambroosvergroot, agter gunter vlootblouberge en die somervlinders, wat soggens saggiesstrelend oor die keur van blomme sweef, het reeds op skeut van fynbosgroei hul selwers vasgeweef. Die wind haal rustig asem as die aandster dof beginne blink teen die laaste ligweerkaatsing as voorafskadu vir die dag wegsink en die kriekies waag so […]
GOD IS ALTYD DAAR
GOD IS ALTYD DAAR Dinge kom nie altyd reg, maar weet verseker: God, jou Vader, gaan net nooit nie weg.
GENESING
GENESING Jy was eensaam en wanhopig. Jesus kom en raak jou aan. Jy’t diep gedaal in put van pyn. Hy kom en haal jou uit. Jy was gekneus, jy was gebreek. Hy kom en Hy genees. Sy sagte hand die raak jou aan. Sy sterke hand die haal jou uit. Sy liefdeshand genees jou nou.
Fyn Fluitjiesriet
Dunstelig en in lit verdeel wieg jul tesame songestreel op vlagies van die lente-wind in liefdespassies saamgebind. Maar as die somerdonder dreun en takkies onder windvlaag kreun; die hael en reën karos oor rant en bliksems lig van alle kant, dan buig jy barensnood jou krom voor angs wat uit die gitnag kom. Was ek […]
KORINGKORREL
KORINGKORREL Die saad moet val en sterf; dit moet die grond eers in. Die einde van die korrel is ‘n nuwe, heerlike begin. Die dood van onse Heer was nie die einde nie – dit was die heel begin van sy verheerliking. O mens, verstaan dit tog: te sterf, is om te leef. Ons volg […]
Ontvlugting na…
My dowwe opkomson smoor in my barre siel met die seer van haak-en-steek wat in gewete wring want vaagweg -kinderjare dof- hoor ek ’n deuntjie sing maar die woorde en gevoel daarvan val plofdood in die stof. Is dit my straf om hot te trek so naby aan die kortsambok met juk en strop ontman, […]
HARDE BED
HARDE BED – Hulle is al ure lank besig met hom. X-straalfoto’s en nimmereindigende toetse en nog wat. Intussen word sy liggaam verteer deur pyn. Twee inspuitings was nie genoeg om die pyn te verdoof nie. Die bed waarop hy lê, het ‘n metaalblad. (Om een of ander duistere rede móét dit metaal wees). Hy […]
~ ‘n Koninklike lamp ~
maak my ‘n lewende fakkel draai my toe in linne en vlam my lyf tot offer laat my lig versprei verby jou donker laat my wit jou vlek, laat my vlees verteer tot meer as ek en as branders in die nadraai van my lig duister dinge fluister feite van my naam, my herkoms en […]
Teenstellende Land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
KOMPENSASIE
KOMPENSASIE O Heer, U neem soms dinge van ons weg. Sal U tog kompenseer? My kind, Ek wil vir jou die beste gee – iets beter as wat was. O Heer, my grootste wens is slegs Uself. Met niks wat minder is, kan ek tevrede wees.