Ontvlugting na…
My dowwe opkomson
smoor in my barre siel
met die seer van haak-en-steek
wat in gewete wring
want vaagweg -kinderjare dof-
hoor ek ’n deuntjie sing
maar die woorde
en gevoel daarvan
val plofdood in die stof.
Is dit my straf om hot te trek
so naby aan die kortsambok
met juk en strop ontman,
verslaaf en ingehok
met hierdie skrikkeljaar
se loodswaar dra
aan verwyte waaroor
ek my siel bekla?
Ag, kon ek maar net vlugtig
’n wyle my ontvlug na Golgota
om onder skadu van die kruis
na Heilig’bloed te staar
wat druppendsalwend
my teen eie lot bewaar…
3 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Jy mag maar. Voortreflik gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
nog een van jou WOW gedigte.. jou slotvers staan uit! Puik gepen