~ ‘n Koninklike lamp ~
maak my ‘n lewende fakkel
draai my toe in linne en vlam my lyf tot offer
laat my lig versprei verby jou donker
laat my wit jou vlek,
laat my vlees verteer tot meer as ek
en as branders in die nadraai van my lig
duister dinge fluister
feite van my naam, my herkoms en my lewe
laat dan my olie drup tot branding vir my godgegewe nageslag.
© Almarie Truter
4 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
laat my wit jou vlek, laat my vlees verteer tot meer as ek Hierdie staan uit. Hou daarvan.
-
Koekekranka
Nog 'n uithalerwerk van jou!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek